Slide thumbnail

BLOGS TYDLYN

Hier land jy nou op die Nr 1 Afrikaanse “Beauty Blog”

homepic1

– ‘n skoonheidsblad in pront Afrikaans, die eerste volkome onafhanklike en gesaghebbende webwerf vir Mooi Middeljare en Meer.
Benewens nuus, gesprekke en wenke oor hoe om grasievol en beeldskoon te verouder, keer ons uitgediende, stowwerige ou persepsies oor skoonheid ná 40 op hul kop, draai dit sommer nek om en belig sake wat vroue in hierdie ryper, wyser, verouder-soos-goeie-wyn lewensfase raak.

Mooipraatjies is nou 4 jaar oud, en in die proses om van haar kleuterskoene ontslae te raak. Verwag dus vernuwing en verandering in die komende maande. Een daarvan is dat ek my aansluit by die wêreldwye trend om nie meer te praat van teenveroudering (anti-ageing) nie, maar PRO-veroudering met grasie. Daarmee vereenselwig ek my met rolmodelle soos Jane Fonda en Helen Mirren wat hul rug keer op die obsessie om onnatuurlik jonk te wil lyk. Vanselfsprekend maak hulle gebruik van die hulpmiddels beskikbaar om hul voorkoms jeugdig, dog natuurlik te hou. Daar is net mooi niks fout daarmee nie. Maar hulle verouder met grasie en vier hulle voorkoms.

Hier is ons, bowenal, Tydloos Mooi. Ons fokus op Ageless (of my nuwe gunstelingwoord, De-Ageing)  in kontras met Anti-Ageing. Ons word immers almal oud - maar ons kan wel bepaal, beheer en bestuur hoe ons oud word. Dit glo ek vas.

Toer gerus deur die spyskaart: Hierdie skip word as’t ware (nog steeds) op die see gebou, dus is party blaaie nog toekomsmusiek en aptytwekkers van wat kom. As jy wil weet wie ek is en waarom ek Mooipraatjies skryf, gaan loer in by Wie is Elsa

homepic2

Gaan Kyk NOU:


Nuut, Mooi, Moet Hê vertel jou gereeld hoe lyk die nuutste produkte. Daar is ook ‘n klomp slim wenke van internasionale grimeerkunstenaars, in Tydloos Jonk oor die jongste grimeerkunsies om jou tydlose gelaatstrekke ten mooiste te beklemtoon.

Lees ook die gesprek onder Tussen Vriendinne waar ek en skoonheidskenner par excellence, Daniela Massenz, verklap wat ons sal doen, reeds gedoen het (of dalk nooit sal waag nie) om jonger te lyk… Ons het baie stories om met julle te deel en ons slag heilige koeie links en regs!


homepic2

WEN WEN WEN!!!


Wen- en weggeegoed is volop by Mooipraatjies. Hou die Mooipraatjies met Elsa FB blad dop vir meer inligting!