Beste Spa’s 2015

Een van die hoogtepunte van my jaar is wanneer Dr Nadine De Freitas, redakteur van die tydskrif Les Nouvelles Esthetiques (LNE) my bel en vra om die jaarlikse LNE Spa Awards te help beoordeel.

Dit beteken minstens drie uit-die-boonste-rakke gesigbehandelings en/of masserings en ander behandelings by die spa-finaliste in die afdeling wat ek beoordeel – alles in minder as drie weke!

Die LNE Spa van die Jaar Prys is ‘n gesogte, prestige-ryke en gerespekteerde toekenning wat vanjaar reeds elf jaar oud is. Wanneer hierdie toekenning teen ‘n spa se muur pryk, kan ‘n kliënt maar weet dit is ‘n betroubare simbool van hoë standaarde en puik diens.

Vanjaar en verlede jaar het ek die Medi-Spa kategorie beoordeel, en ek is ook taamlik erg oor die Hotel Spa-kategorie. Maar moenie dink dit is net vir luilekker uitstrek op ‘n masseerbed nie – dit is opwindend, maar ‘n verantwoordelike taak: Daar is ‘n hoogs professionele telkaart wat noukeurig ingevul moet word en ‘n beoordelaar moet weet waarvoor om op te let voordat jy punte toeken. Daar is immers ‘n prys op die spel wat ‘n spa se aansien beduidend kan vestig en verhoog.

Nie almal kan wenners wees nie, maar selfs om ‘n finalis te wees in ‘n spesifieke kategorie is reeds ‘n yslike veer in die hoed vir ‘n spa. Die vereistes om in te skryf en te kwalifiseer is omvangryk en verg baie werk en aandag aan detail.

Ek kan klaar nie wag vir Nadine se oproep volgende jaar nie!

Kyk hier vir al die finaliste.

Vanjaar se wenners was:

Dag Spa :  Aronia Day Spa  in Houghton, Johannesburg.

Aronia-3

Hotel Spa : Touch Spa @ Seasons Sport and Spa, Magaliesburg.

Touch-9

Boutique Hotel Spa : Camelot Spa at the Capital Moloko Hotel, Sandton.

Moloko-2

Unieke Spa :  Mukda Thai Spa, Gordonsbaai.

Mudka-1

Safari Spa  :  Iketla Spa at Sondela Nature Reserve in Bela Bela.

Iketla-7

Mediese Spa/ Estetiese Instituut : 15 on Seventh in Parktown North, Johannesburg

15 ON SEVENTH

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.