Slide thumbnail

BLOGS TYDLYN

CHANEL Se Nuwe Somer 2016 Grimeerreeks

MA2015_02_0010

Dit mag nog diep winter by ons wees, maar ‘n vrolike flertsie sonskyn is nie te versmaaie nie.

CHANEL se gereelde nuwe kleurversamelings is altyd iets om na uit te sien. Die nuwe sondeurdrenkte reeks, In the Summer Light, het ‘n pragtige versameling kleure vir jou oë, wange, lippe en naels.  Dit belowe om enige wintervaalheid flink te verjaag en jou sommer in tred en op datum te hou met die jongste kleure op die chic Franse mademoiselles se kleedtafels.

Die versameling bestaan uit  blos- en glanspoeiers vir ‘n spel met lig en skaduwee (my gunstelinge), oogskadu’s met ‘n ombré effek in oker en bruin en lipkleure in koraal en pienk, terwyl naellak in smeulende kleure jou vingers die elegante praatwerk laat doen.

MA2015_02_0022Soos reeds gesê, my gunsteling is die Les Beiges Healthy Glow Multi-Colour in twee variasies; Duo No 1  om skadu en lig te skep met die gesig se kontoere en Duo No2 om ‘n fraai blos en beklemtoner vir die wangbene te skep.

MA2015_02_0021Empreinte du Désert speel met ‘n oogskadupalet van vier gloeiende woestynkleure in okerbruin, goudbeige, khaki-groen en bruin. Daarby pas Stylo Yeux, twee oogpotlode in Oasis, ‘n smaraggroen, en Sable, ‘n roosgoud. Rond die voorkoms af met Le Volume de Chanel Waterproof Mascara in Mirage, ‘n koperbruin maskara.

MA2015_02_0024Vir die lippe is daar ses nuwe kleure in Lèvres Scintilantes lipglans.

MA2015_02_0026Vyf nuwe kleure in die Vernis Culte naellakversameling bring die jongste kultuskleure na jou vingerpunte. Wat hierdie naellak spesiaal maak, is dat dit ‘n kuur sowel as kleur vir jou naels behels – dit bevat kalsium, yster, sink en magnesium om jou naels te versterk en die gehalte daarvan te verbeter. Saam met die nuwe Le Gel Topcoat kan jou manikuur tot ses dae hou sonder om af te dop.

EKSKLUSIEWE UITNODIGING – KOM LEER HOE JY HIERDIE NUWE KLEURE KAN GEBRUIK

Kom deel in Franse styl, elegansie en vroulikheid saam met CHANEL en  Mooipraatjies, eksperimenteer met die nuutste CHANEL velsorg- en grimeerprodukte, kry wenke en raad en ‘n persoonlike velkonsultasie en grimeer “makeover” met die eksperts en toets lieflike CHANEL parfuums persoonlik.

new collage

Daar gaan sjampanje en vrugtesap wees, en Franse makeroens, jy gaan gepamperlang word en jy gaan ‘n lekker CHANEL geskenkpakkie huis toe vat.

Deelname is gratis. Daar is plek vir SLEGS 15 lesers, jy sal dus moet gou spring om jou plek te verseker en te kom saam kuier en geniet.

  • Datum: Donderdag 23 Junie 2016
  • Tyd: 10h00-12h00
  • Plek: CHANEL Espace Parfums, Edgars, Sandton City JHB
  • Wat jy moet doen: Vul jou naam en e-pos adres asook waar jy woon, in die Kommentaar-blokkie hier onder in, EN stuur ‘n e-pos met jou besonderhede (insluitend jou ouderdom, min of meer, ons sal nie verklap nie) aan elsa@mooipraatjies.com
  • Sluitingsdatum: Vrydag 17 Junie 2016.

Ons sal jou teen Maandag 20 Junie laat weet of jy een van ons die gelukkige gaste gaan wees.

 

 

 

 

 

 

5 Comments

  1. Sandie Cormie says:

    Love Chanel. Worked for them in Peter Jones (London) on a project. Morningside, Sandton 63

  2. Denise Nieman says:

    Sal dit graag wil bywoon. Benoni, 54 jr

  3. Salome says:

    Salome Gooding, 60+
    Melrose North
    Johannesburg

  4. Grieta Pike says:

    Kom graag – nuuskierig om te sien wat jy doen Elsa! is 58

  5. Linda says:

    Heidelberg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *