Clinique Smart Custom Repair Serum

Wat Is Dit: Clinique Smart Custom Repair Serum (R925)

Dit Belowe: ‘n Alles-in-een serum wat werk soos ‘n GPS op steroïede: Dit bepaal self waar jou vel hulp nodig het (rooiheid, donker vlekke, onegalige velkleur, fyn lyntjies, plooie en tamheid (dullness). Dit werk soos ‘n geleide missiel om skade wat jy nog nie eens kan sien nie, uit te snuffel en te herstel. Dit het Clinique altesame 5 jaar geneem om hierdie serum te ontwikkel. Gebruik dit soggens en saans voor jou vogroom of nagroom.

Ek Sê: Daar is altyd minstens twee Clinique-produkte op my rak. Hierdie slim serum is beslis ‘n wenner, veral as ‘n mens jou velsorgroetine so kort en doeltreffend moontlik wil maak. Ek hou veral van die beskrywing “de-aging” op die verpakking. Dis presies wat ek soek. Die produk glip satynsag aan my vel en ná twee weke kon ek reeds sien die effense rooiheid by my wange en langs my neusvleuels lyk aansienlik “kalmer” en my vel lyk fyner. Ek het dit ook kwistig op my nek gebruik omdat die vel daar vaal en donker gelyk het, en die verskil is ooglopend.

Peperduur/Pynloos/Prakties: Vir ‘n veel-doeler (multi-tasker) wat soggens en saans gebruik kan word en tot 3 maande kan hou, is hierdie serum ‘n goeie kopie teen ’n redelike prys.

Leave a Reply

Your email address will not be published.