Slide thumbnail

BLOGS TYDLYN

DROË VEL? KEER DIE KRAKE!

Lyk jou vel so na die vakansie? Die Theewaterskloofdam se uitgedorde oppervlak. Foto: Goosebump Productions.

Die vakansie was lekker, maar nou is dit verby en jou vel is uitgedor van son, see en wind, terwyl jou beursie maar gehawend lyk?

Ek praat van ondervinding. Ná te veel water, swem, en sonbak (mét sonskerm natuurlik!) in Desember, lyk veral my maermerries, kniekoppe en voorarms geskif, vaal en droog. Veral die dun vel van my voorarms lyk skrikwekkend baie na die oppervlak van die Theewaterskloofdam – die kern van die groot Kaapse droogte en waterskaarste op die oomblik. Ek het vir seker meer hulp nodig as normaalweg om dinge weer in balans te kry! Dis toe dat ek my lekker groot 450ml bottel Epimax Lotion (R53) nadertrek en binne minder as ‘n week sien ek reeds ‘n groot verskil in hoe sag en soepel my vel se probleem-areas voel en lyk.

My bottel reddingsroom is lekker groot en ek kan dit ruimskoots aanwend omdat dit so bekostigbaar is.

Vir vel wat troos soek teen ‘n prys wat jou sak sal pas, beveel ek sonder huiwering Epimax aan. Dit is ‘n veeldoelige versagtingsvogroom of smeer (emollient) wat oorspronklik geformuleer is deur Suid-Afrikaanse en Australiese dermatoloë in ‘n poging om ‘n alternatief te vind vir olierige versagtingsmiddels wat vetterig voel op die vel of die normale aqeous cream-formules wat nie effektief genoeg is vir erg gedehidreerde of skurwe vel nie en soms bestanddele bevat wat op die lange duur skadelik vir die vel kan wees.

Epimax is gebaseer op cetomacrogol, ‘n doeltreffende algemene smeermiddel wat wetenskaplik geformuleer en ontwerp is om die boonste lae van die vel (epidermis) sagter en soepeler te maak. Omdat dit voorkom dat vog verdamp uit die vel, sorg dit dat die vel gehidreer bly. Dit is veeldoelig en kan gebruik word om die vel te reinig en aangelos word om gestresde vel te streel.

Dit is hoe droë vel onder die mikroskoop lyk. Die mikro-krakies laat die vog uit die dermis verdamp.

Dit bly ‘n stryd teen die elemente om vel nie net voldoende te bevogtig nie, maar ook die vog in die vel te behou. Droë, gedehidreerde vel sukkel om vog te behou, want die skermhuidlaag (skin barrier) is grof, droog, hard, gekraak en skurf en die mikroskopiese krakies wat vorm, veroorsaak dat die vog in die dieper lae van die dermis vinnig verdamp. Voeg daarby dat droë vel vinnig verouder en plooie vorm, dan verstaan jy hoekom dit so belangrik is om eerstens vog in die vel vas te vang en dit dan te verseël dat dit nie verdamp nie.

Rome wat die vel sagter en soepel maak, maak die veloppervlak gladder, streelsag en gee dit ‘n fluweelvoorkoms.

Daar is wel produkte op die mark wat tydelik help om die vel te smeer, maar wat ‘n mens eintlik nodig het, is ‘n sg emollient moisturiser, wat die vel tegelykertyd smeer en bevogtig. Die geheim van die regte formule is die perfekte balans tussen vette of lipiede, emulsifiseerdeers, hidreerders (humectants) en preserveermiddels in kombinasie met anti-oksidante. Die korrekte pH balans is noodsaaklik en dis belangrik dat die minimum aantal bestanddele gebruik word, veral vir vel wat reeds sensitief en geïrriteerd is.

Wat dit doen:

  • Vorm ‘n lipiede film op die veloppervlak.
  • Rehidreer die boonste vellaag (stratum corneum)
  • Verbeter die gehalte of integriteit van die huidskermlaag
  • Verminder tekens van droogheid
  • Beperk vogverlies
  • Verlig en streel stywe en jeukerige vel

Die bestanddele:

  • Gliserien: Oplosbaar in water, trek vog aan; ‘n kern- lipied.
  • Cetomacrogol: Nie-ioniese oppervlak stabiliseerder
  • Urea: Help om droë, dooie selle los te maak en sagkens af te skilfer, kragtige hidreerder, trek vog aan en vang dit vas.

Wat dit NIE bevat nie:

  • Sodium Laurel Sulfate (SLS)

Hoekom is dit belangrik? Sommige smeermiddels soos aqueous cream bevat SLS, wat ‘n erkende vel-irritant is. Dit verswak die vel se huidskermlaag en verhoog waterverlies uit die vel. SLS-produkte behoort nie gebruik te word om die vel te reinig nie. Eweneens moet ‘n smeermiddel wat vir ‘n lang tydperk op die vel gelos word, nie SLS bevat nie.

Die reeks Epimax-produkte. Daar is ook ‘n reeks vir babas en kleuters.

Daar is ‘n volledige reeks vogsmeerprodukte van Epimax beskikbaar, van die klassieke oorspronklike room tot ‘n badroom, handeroom en voetroom, alles gerieflik ver onder R100, en jy kan dit met ‘n geruste hart op jou gesig ook gebruik. Vir babas en kinders is daar ‘n spesiale reeks wat veral help met probleme soos ekseem en psoriasis.

Die Epimax-reeks word bemark deur Genop en is in meeste apteke landwyd te koop.

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *