Elemis Biotec Firm-A-Lift Facial

Elemis Biotec Firm-A-Lift Facial

PAS PROBEER :

Wat Is Dit:  Elemis Biotec Firm-A-Lift Facial (60 minute)
Hierdie behandeling is oor twee jaar ontwikkel om die moderne kliënt ‘n behandeling te bied wat vinnige, sigbare resultate lewer. Dit is ‘n kombinasie van ruimte-eeuse tegnologie en helende hande,
Dit Belowe: Elkeen van die sewe behandelings op die Elemis Biotec “spyskaart” is ontwerp on die vel se selfunksies ‘n hupstoot (boost) te gee en sodoende die vel se vermoë versterk om self te herstel, hernu en spiertonus te verferm. Elke behandeling is gemik op ‘n spesifieke velbehoefte, soos verlies aan fermheid, plooie, onegalige tekstuur, futloosheid (dullness), olierigheid en onsuiwerhede, sensitiwiteit en dehidrasie.
Ek Sê: Ek was lugtig vir hierdie behandeling, omdat ek voorheen Elemis behandelings gehad het en nog altyd die “hands-on” pamperlang-kwaliteit daarvan besonder geniet het. Ek was bang dit gaan verlore met hierdie nuwe slim ruimteskip van ‘n masjien. Ek kon my die kwelling gespaar het: Die hande en die behendige masseertegnieke is nog steeds daar, aangevul deur bio-elektriese tegnologie wat resultate tot ‘n verstommende vlak lig.
Nadat ek die effek gesien het van die kombinasie van aktiewe bestanddele wat die gelaat lig en glad stryk, met mikro-stroombehandeling (verferm spiertonus) tesame met galvaniese stroombehandeling (verminder simptome van stres-gebaseerde veroudering, futloosheid, foto-veroudering weens son en besoedeling) is ek doodgelukkig met die “opmars van die masjiene”!
Peperduur/Pynloos/Prakties: Beslis pynloos, bekostigbaar en besonder prakties – jy sien binne ‘n uur resultate en jy stap behoorlik gepamperlang by die salon uit.
Navrae: Angela Broadley 011 325 1000; abroadley@pcgroup.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.