Elemis Cellular Recovery Skin Bliss Capsules

Wat Is Dit: Elemis Cellular Recovery Skin Bliss Capsules (R1 990 vir ‘n stel van twee houers)

Dit Belowe: Moringa-olie is met olie roosolie gekombineer vir die dag en met laventelolie vir saans. Die kapsules detoks die vel, hernu elastisiteit, herstel stres-tam vel en gee ‘n jeugdige gloed.

Ek Sê: My ma het my grootgemaak met gesig-olies; ek glo by voorbaat daarin. Die roosolie soggens (net ná my verfrisser en voor my serum) is verruklik. Dit ruik soos regte rose (en is van die suiwerste roosolie gemaak) en behalwe dat dit ‘n goed-voel produk is, vertel die rosige gloed van my gelaat ‘n eie storie. Dit verdwyn onmiddellik en los geen teken van olierigheid nie, terwyl dit die produkte wat daarop volg, help om beter te penetreer. Ek was skepties oor Noella Gabriel, skepper van dié gesogte produkreeks, se versekering dat die laventel-kapsule my beter sal laat slaap, maar sy was reg! My slaap-patroon én my vel het gebaat by dié aromatiese kapsuletjies. Sy beveel aan dat ‘n mens ‘n bietjie van die oorskiet-olie aan jou voetsole smeer vir ‘n soetsalige slaap!

Peperduur/Pynloos/Prakties: Hoe meer vlugtige (essential) olie ‘n produk bevat, hoe duurder is dit. Die olies wat in hierdie kapsules gebruik word, is van die hoogste gehalte. Dis duur, maar die resultate is dit werd.

Leave a Reply

Your email address will not be published.