Slide thumbnail

BLOGS TYDLYN

Klein Swart Boekie

dreamstimemedium_9675248

Vroue vertrou ander vroue. Ons sal veel eerder ‘n vriendin se raad of mond-tot-mond aanbevelings volg as om ons op adverteerders en bemarkers te verlaat.

Ek geniet dit om my nuutste ontdekkings en vondse te deel. Hier is my “geheime wapens” en mense en plekke wat jy moet ken.

Let wel, hierdie mense en produkte is bloot persoonlike aanbevelings en ervarings – hulle werk vir my.

Elsa se Klein Swart Boekie: Johannesburg & Gauteng

Terapeute met Towerhande

  • Beauty Professionals: Colleen Serebro is ‘n volslae wonderwerker – haar nommer is op elke skoonheidsredakteur se “speed dial”. Sy is die doyenne van terapeute, met meer as 40 jaar se ervaring in die bedryf en daar is nie ‘n velprobleem wat sy nie kan uitsorteer nie. Haar kliëntelys lees soos die Wie Is Wie van die land, maar sy is hoogs diskreet en sal nie waardeer as ek dit hier uitlap nie. Beauty Professionals, Victory Park, JHB. 011 888-6262 en www.beautyprofessionals.co.za
  • BrowXpress: Gillian Lentin het die eerste “brow bar” in Suid-Afrika begin. Sy is soms tot 10 maande vooruit volbespreek. Maak nie saak hoe beroerd jou wenkbroue lyk nie, sy kan iets daarmee doen. Bel 082 584 2348.

Dokter Dokter

  • Dr Gerhard van Niekerk is ‘n towenaar met ‘n naald. Hy laat liplyne (bar codes) in ‘n oogwink verdwyn met die behendige gebruik van vullers. Hy is een van die land se top insgtrukteurs wat dokters oplei in die gebruik van vullers. Hy werk in Guateng en in Kaapstad. Tel 082 415 7485
  • Dr Nanita Dalton van Nanita Dalton Laser, Skin & Body Institute het die fynste naald-tegniek wat ek nog met Botox of vullers ervaar het. Sy sê dis oor sy self so pieperig is dat sy weet hoe om nie haar pasiënte seer te maak nie. Die instituut self is asemrowend ingerig vir elke mooibly-behoefte waaraan jy kan dink. Bel 012 663 1041. Lenchenlaan 99, Centurion. www.nanitadalton.co.za
  • Dr Noori Mooti-Joosub is die dermatoloog na wie toe ek gaan as ek vermoed iets is nie pluis met my vel nie, soos ‘n moesie of sonvlek wat verdag begin lyk. Sy is by Laserderm in Illovo. 011 341 0580. www.laserderm.co.za
  • Dr Salome Gurgenidze van Radiance4U in Dunkeld, Johannesburg, is nog ‘n kosmeties- dokter en ‘n Botox-kunstenaar na wie ek my vriende met vrymoedigheid stuur. Sy is pynlik noukeurig en sy streef daarna om so bekostigbaar moontlik te bly. Birdhaven Sentrum, Birnam. 011 440 7776

Handig met Hare

  • Shelene Shaer is landwyd bekend as een van die kundigste en mees kreatiewe haarstiliste. Sy is op die voorpunt van elke nuwe neiging en sy is ‘n meester met ‘n skêr, al terg sy ons skoonheidskrywers dat ons niks daarvan hou as sy bietjie wil inklim en snoei aan ons maanhare nie! Haar salon word elke jaar in die Best of JHB toekennings aangewys as die wenner. Tanaz Hair Body & Nails, Corlettweg, Illovo. 011 786 2976 www.tanaz.net
  • Michael Conlin het (lank terug!) my hare vir my troue gedoen – ek sou niemand anders vertrou het nie. Hy is ‘n meester-kenner van perfekte haarkleur-prosesse en hy is professioneel tot in sy vingerpunte. Pure Hair, Roxburghelaan, Craighall Park. 011 447 4843. www.purehair.co.za

Produkte

My boesemvriendin dreig gereeld om toegangskaartjies na my badkamer te verkoop vir ‘n fondsinsameling ten bate van liefdadigheid.

Die spul mooimaakgoed op die rakke is inderdaad iets om te aanskou!

Die rakke. Moenie vra nie…

My eerste span: Altyd, altyd op my rak

  • Elemis Pro-Collagen Anti-Ageing Cleansing Balm. Weelderig aromaties, verruklik.
  • Clinique Toner No 2. Die heel beste.
  • Clinique Dramatically Different Moisturizer+. Dekades al my staatmaker.
  • Clarins Beauty Flash Balm. Laat my lyk of ek goed geslaap het, al het ek nie ‘n oog toegemaak nie.
  • Bioderma Sensibio H2O Makeup Micelle Remover. ‘n Blinkskoon vel saans op die vinnigste en sagste manier.
  • Dermalogica Daily Microfoliant
  • Sisley Eau de Soir EdP parfuum. Onbeskryflik. Dit laat my gelukkig voel.

Gunstelinge:

  • La Mer The Lifting & Firming Mask. Laat ‘n pap kakebeenlyn en kalkoen-nek byna oornag oplig.
  • Estée Lauder Clear Difference Targeted Blemish Treatment. Speel blitsig klaar met enige knoppie wat wil kop uitsteek.
  • Tom Ford Oud Fleur Eau de Parfum. Sondiglik sexy.
  • SkinCeuticals CE Ferrulic Triple Anti-Oxidant Treatment. Dit stel ou velsondes reg en voorkom nuwes.
  • Smashbox Liquid Halo HD Foundation. As ek weet daar word foto’s geneem, gebruik ek hierdie onderlaag.
  • Kérastase Densifique-reeks. Maak verouderende hare jeugdig, dig, dik en welig.
  • Nivea In-Shower Body Moisturizer. As ek haastig of laat is, kan my droë vel die dag sonder lyfroom oorleef danksy hierdie superslim produk.

KSB EK Collage

Nuwe Vondse:

  • dermalogica Phyto Replensih Oil is my nuwe gunsteling gesigolie. Ek kon binne weke sien wat ‘n verskil dit aan my vel maak.
  • Neutrogena Hydro Boost reeks doen presies wat dit sê: Dit gee jou vel se voginhoud ‘n hupstoot. Boonop is dit hoogs bekostigbaar.
  • Biomedical Emporium velsorgreeks deur Dr Judey Pretorius. Dit is ‘n hoogs wetenskaplike reeks deur Dr Judey, ‘n baie hoog aangeskrewe biomedikus wat letterlik alles van die vel weet. Boonop Trots Suid-Afrikaans.
  • Exuviance Deep Hydration Treatment is ‘n waterjel formule wat jou vel se vogreserwes aanvul
  • Dermaceutic Tri Vita C30 is een van die beste Vitamine C serums wat ek nog probeer het. Dit is ‘n kragtige teenveroudering anti-oksidant.
  • La Mer The Moisturising Soft Lotion is besig om ‘n permanente staanplek op my daaglikse skoonheidsrak oop te skouer.
  • Optiphi is nog ‘n Suid-Afrikaans kosmeseutiese reeks wat my opgewonde maak. Die nuwe Intense Retinol Serum is ‘n wenner.
  • Prevage Anti-Aging Foundation is ‘n onderlaag wat aktiewe teenverouderingsbestanddele bevat. Dit vertoon pragtig op my vel.
  • La Roche-Posay Antehelios XL 50+ maak dit maklik om elke dag sonskerm te dra. Ek hou van die tekstuur en die super beskerming wat dit my vel bied.

 

 

 

 Daniela se Klein Swart Boekie: Kaapstad

Terapeute met Towerhande

  • Wilscha Van Heerden at Wilscha’s Health & Skin Care Clinic, 021 422 2910
  • Sharon Warrener at Sharon Warrener Skin Therapy Centre http://www.swskin.co.za. 021-423-4238.

Both Sharon and Wilscha are situated at the Cape Town Medispa in Kloof Street and they have a world of skin care experience as well as incredibly healing hands.

Great body massages:

The best pedicure:

  • Bastien Gonzalez Mani.Pedi.Cure at One & Only Spa, Worth every cent (don’t expect much change from R1 000) for a true health pedicure. V&A Waterfront, 021 431-5810 http://capetown.oneandonlyresorts.com/

Dokter Dokter

  • Drs Izolda Heydenrych and Ean Smit at the Cosmetic Dermatology Centre. Excellent clinical dermatologists, as well as specialising in aesthetic dermatology and laser treatments (see the procedures list here www.capederm.co.za). I trust them with my family’s skin, from mole mapping to acne treatment. Central Park on Esplanade, Century City. 021 552 7220
  • Plastic surgeon: Dr Conrad Pienaar, brilliant reconstruction and plastic surgeon. I witnessed the miracles he performed on many children on an Operation Smile trip. His skill and artistry convinced me that he was the right person to deal with my daughter’s complicated scarring, and if ever I need cosmetic or reconstructive surgery, he will be my go-to guy. http://www.conradpienaar.co.za/ The Park, Park Road, Pinelands 021 510 8534/2546
  • Dr Alek Nikolic, aesthetic medical practitioner, is an advanced trainer for Botox and fillers, and he is the Health24 anti-ageing expert. 31 Piers Road, Chelsea Village. http://www.aestheticfacialenhancement.co.za/ 021 797 0960

Handig met Hare

  • Marios Atzemoglou at Marios Hair Company is my hair stylist. He knows how to deal with my fine, thin, very curly hair, and is brilliant at colour. http://www.marioscompanyforhair.com/ Green Point 021 801 0667 / Plumstead 021 761 9265
  • Shelene Shaer from Tanaz comes down to Cape Town monthly to Wayne Gates’ excellent hair salon at the One & Only Hotel, V&A Waterfront. 021 431 5800.
  • Huey Tilley, owner of Love Hair Salon, is a renowned hair and make-up artist on top photographic shoots. He is brilliant at precision cutting, updating looks and high-fashion styling. 5 Wandel St, Dunkley Square, Gardens, 021 461 4375

My eerste span: Altyd, altyd op my rak

  • Bioderma Sensibio BB Cream. My one-stop daily moisture/even skin/sun protection product. Love the texture, dewiness and evenness it gives my skin.
  • Clarins Huile Tonic Body Toning Treatment Oil. It moisturises, prevents stretch marks and smells amazing.
  • Estée Lauder Soft CleanMoisture-Rich Foaming Cleanser. I love a foaming cleanser but don’t want it to dry out my skin. This does the trick.
  • Bobbi Brown Eyeshadow Palette. The fine quality and excellent shades make these palettes a must-have. They last for ages, too.
  • Clarins Jeunesse de Mains Hand and Nail Treatment Cream. I’ve used this for many years and have yet to find anything that comes close to being as good.
  • Sensai 38°C Mascara and Clinique Lash Power Mascara. I love ‘tubing’ mascaras. They stay on without smudging, then wash off with warm water when you need them to. No eye make-up remover necessary.
  • Elie Saab Le Parfum, orange blossom, white flowers, cedar wood and honey. So beautiful.

Nuwe vondse:

  • Bourjois 123 Perfect CC Eye Cream is the best concealer I have used in years. It conceals shadows perfectly without looking dry or cakey or settling in lines.
  • SkinCeuticals A.G.E Interrupter and Eye Cream +CE Ferrulic Triple Anti-Oxidant Treatment. Six weeks in and impressive results on my sleep lines.

DM KSB collage

 

DOKTERS WAT ELLANSÉ VULLERS DOEN

Die Ellansé vullers is maar onlangs (Junie 2016) in Suid-Afrika bekend gestel deur Genop Health. Dokters word tans opgelei in die prosedure.

Dokters wat reeds die prosedure aanbied, is:

  • Dr Gerhard van Niekerk (Kaapstad en Pretoria): 082 775 7442
  • Dr Gys Du Plessis (Johannesburg): 087 802 2838
  • Dr Genevieve Marks (Pretoria): 012 460 7047
  • Dr Debbie Norval (Johannesburg): 082 602 6988
  • Dr Albert Niemann (Durban): 031 561 1277