Slide thumbnail

BLOGS TYDLYN

Ek weet nie van julle nie, maar my spieël vertel nie vir my ‘n vleiende verhaal hier met die Coronavirus-grendeltyd nie. Die ergste is seker die hormonale haartjies wat sommer soos sampioene op jou ken en nek opslaan en ‘n vel wat tam en glansloos lyk.

Ek praat vanmiddag laat (Sondag 26 April) om 17:00 (vyfuur) met Tzvia Hermann van The Laser Beautique oor al hierdie dinge op INSTAGRAM Live. Skakel in op elsakruger1.

WEN EN SPAAR

Daar is ‘n lekker bonus van ‘n uur se GRATIS haarverwydering met laser en ook ‘n stewige afslag op die Beaurejuve LED ligterapie “gadget” waarmee jy jou vel in ‘n japtrap gloeiend en glansend kan laat lyk wanneer jy weer die buitewêreld betree!

Hou nou net duim vas die storie werk. Dis die eerste keer dat ek ‘n Instagram video maak.

Maar die grendelstaat dwing ons om baie vinnig nuwe dinge leer doen!

  • Die kode vir die afslag op die Beaurejuve instrument is ELSA-K

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *