Slide thumbnail

BLOGS TYDLYN

Het Skoonheid ‘n Ouderdom?

Group 1-135aa

Dit was vandeesweek Vrouedag en Augustus is Vrouemaand. Wat ‘n meer gepaste tyd om ons gedagtes te laat gaan oor wat dit beteken om ouer te word en wat dit beteken om mooi te wees.

Toe Dove my genader het om deel te neem aan hul Dove Real Beauty Veldtog met die tema How Old Are You? (HOAY) #BeautyAtEveryAge  het ek nie ‘n oomblik gehuiwer nie.

Dit is immers ‘n tema wat my na aan die hart lê: Die hele persepsie dat ouderdom en skoonheid nie hand aan hand kan gaan nie; dat ‘n vrou onsigbaar raak en negatief aan haar ouderdom geoordeel word as sy die 50-jaarmerk verbysteek.

Hier is ‘n paar vrae wat Dove vra in hul veldtog  om ‘n gesprek oor ouderdom en skoonheid te begin:

  • Waarom word ons meer selfbewus oor ons ouderdom met die verloop van tyd?
  • Glo jy dat jy jonk moet lyk om mooi te wees?
  • Waarom stres ons as ons gevra word hoe oud ons is?
  • Hoekom jok baie vroue oor hul ouderdom?
  • Hoe laat jou ouderdom jou voel?
  • Het jy ‘n vooropgestelde idee oor hoe ‘n vrou van ‘n sekere ouderdom moet lyk en optree?
  • Wanneer het jy die eerste keer ongemaklik bewus geraak van jou ouderdom? (Vir my was dit die eerste keer dat ‘n jongmens anders as my nefies en niggies vir my “tannie” gesê het!)
  • Voel jy dat jou ouderdom perke stel aan wat jy kan, mag of wil doen?
  • Waarom word vroue oud en mans raak gedistingeerd?

Age-ism

Ek het ‘n renons in age-ism. Dit voel vir my dit beperk ‘n mens se geleenthede en verdoem jou tot ‘n stereotipe van wat op ‘n seker ouderdom van jou verwag word. En dit beperk wat jy vir jouself durf verwag uit die lewe.

Byvoorbeeld: As jy oor 50 is, mag jy nie meer jeans of stiletto’s dra nie, en jy moet jou hare korter sny. Watse bog is dit en hoekom laat ons dit toe?

Jou ouderdom verteenwoordig immers jou lewensreis en elke ouderdom het ‘n storie – die uitdagings en ervarings wat die storie, die bakens, mylpale en kontoere van jou lewe afmerk, karteer en vorm.

Ek pos gereeld op die Mooipraatjies Met Elsa FaceBook-blad iets wat my oog vang, wat iemand gesê of gedoen het om die afgesaagde beeld en persepsies rondom ouer vroue ‘n dwarsklap te gee.

My mees onlangse gunsteling, wat groot byval gevind het en  ‘n stortvloed Likes gekry het, was die woorde van die gewese supermodel Christie Brinkley  (52):

Ageing needs a huge re-branding campaign.

People still think of 60 and picture a granny with a shawl and a bun.

We need to stop lying about our ages.

Go ahead and say your number; then you’ll reshape other people’s image of that number.

Ek dink dit is presies wat Dove met hierdie veldtog wil doen: Kom, sê jou nommer!

Neem eienaarskap van jou ouderdom, vier dit en help die gemeenskap om nuut en anders te dink oor ouderdom.

Jonk en jeugdig is nie dieselfde ding nie

Want jare en jeugdigheid het eintlik niks met mekaar te make nie. Ek ken stokou, lewensmoë jongmense en ek ken jeugdige, blinkoog middeljarige en bejaarde mense met ‘n gesonde FOMO (Fear of Missing Out). Solank jy nuuskierig is oor die lewe, lus is om nuwe dinge ervaar en jou kop oop en besig hou om nuwe dinge te leer, is jy jeugdig, en basta met daardie nommer.

En wat mooiwees betref: Elke vrou het die reg om so goed te lyk as wat sy kan, so lank sy kan.

Ons lewe langer en gesonder as ons voormoeders – ons wil so goed en jonk lyk as wat ons voel. Dit is ons reg om onsself te versorg met die beste produkte, prosedures en behandelings wat ons kan bekostig; dit is ‘n uiterlike bevestiging van ons eiewaarde, selfbeeld, selfvertroue, selfrespek en selfbemagtiging.

Kyk maar gerus na die beeldskone vroue en rolmodelle wat 40 nooit weer gaan sien nie: Helen Mirren (71), Jane Fonda (76), Charlotte Rampling (69), Isabella Rosselini (64), Sharon Stone (58), Meryl Streep (67), Sophia Loren (81) Sarah Jessica Parker (51) Jennifer Aniston (47). Het hulle altemit hul ikoon-status as skoonhede verloor toe hulle 45+ oorgesteek het?

Wat dink julle? Kom praat saam. Skryf wat jy dink in die kommentaar-blokkie hier onder of e-pos my by elsa@mooipraatjies.com

Julle kan ook op Mooipraatjies Met Elsa op FB julle sê sê.

HOU DOP: Die Dove HOAY #BeautyAtEveryAge Veldtog skop aanstaande week af. Kyk gerus op YouTube na hierdie video wat hulle gemaak het. Let op hoe die fraai klein meisietjies nie vir ‘n sekonde huiwer om hul vingers kordaat in die lug te steek en hul ouderdom trots uit te blaker nie: Wanneer het ons opgehou om trots te wees op ons ouderdom (dit is immers ‘n geskenk van die lewe) en hoekom doen ons dit?

Ek vier my ouderdom met oorgawe

 

My groep

 

IMG_6600

Die jonges

Vir die veldtog het Dove 10 Suid-Afrikaanse vroue wie se ouderdom wissel van 20+ tot 60+ (ja, ek was die oudste!) bymekaar gekry vir ‘n foto- en videosessie wat hulle vir die veldtog gaan gebruik, en ons het voor die kameras prontuit gepraat oor ons ouderdom, hoe dit ons laat voel en wat ons meen die verband tussen ouderdom en skoonheid is. Dit was ‘n insiggewende en inspirerende ervaring. Sodra die video beskikbaar is, deel ek dit hier op die blog.

WEN WEN WEN!!!

Jy kan ‘n yslike geskenkpak DOVE produkte wen – een produk vir elke jaar van jou ouderdom!

ANTWOORD HIERDIE VRAE IN ‘N SIN OF DRIE EN JY KAN ‘N DOVE GESKENKPAK WEN MET DIESELFDE GETAL PRODUKTE AS JOU OUDERDOM – AS JY 52 IS, GAAN JY 52 DOVE PRODUKTE WEN.

  1. As jy kon kies, watter ouderdom sal jy nou graag wou wees – wat was jou beste ouderdom ooit? Hoekom?
  2. Wanneer was die eerste keer dat jy geaarsel het voordat jy geantwoord het hoe oud jy is?
  3. Voel jy die gemeenskap oordeel jou aan jou ouderdom? Op watter wyse?
  4. Hoe oud is jy?

Skryf in op die kommentaarblokkie hier onder of stuur jou antwoorde na elsa@mooipraatjies.com

TWEE wenners sal gekies word om geskenkpakke van Dove te ontvang. Dink net, hoe ouer jy is, hoe meer produkte in jou pakkie! Dis mos nou cool!

SLUITINGSDATUM: 25 Augustus 2016

10 Comments

  1. Elsa says:

    What a beautiful compliment, thanks Candice! I don’t think you have anything to worry about in terms of ageing – you are a supreme beauty and always will be.

  2. Candice-Lee says:

    You look beautiful, my friend. I can only hope & pray to age as beautifully & gracefully as you have.

  3. Patel sabiha says:

    I m 29 and I m still young so no fear to tell my age to others.i hv 2 kids but my skin is still glowing.not ageing.dove products are best. I m using dove body lotion and shower gel.i m 29

  4. Elza Albertyn says:

    1. NOU!!! Vandat ek die 60 betree het, het ek bevryd gevoel, my lang donker gekleurde lokke begin uitgroei en hier en daar bietjie donkerpers geverf. Ek het ook my eerste paar Doc Martens stewels aangeskaf…die kinders het ek aangesê om my in die ribbes te pomp as ek sou belaglik lyk, maar hulle dink ek is eksentriek en cool. 2. Nog nooit! Het my lewe lank jonger gelyk en mense is verbaas as hulle hoor ek is 60. Skryf dit toe aan goeie gene! 3. Definitief! Die meeste mense staar nogal, in die stad kry ek komplimente maar hier op die dorp dra meeste van my tydgenote streppie tops met ‘n sintetiese los kortmou bloes en driekwart broekie met lelike plat skandaaltjies…dis asof hulle die handdoek ingegooi het!! O ja, en die hare moet af! Ek is ‘n bietjie van ‘n enigma hier…die meer konserwatiewe vriende aanvaar my en komplimenteer my, maar sal seker mie dood gesien wou wees in my anderste skeppings nie! 4. ‘n TROTSE 60!!!

  5. Elizabeth Roché says:

    1. 48 Ek weer myself geword na n egskeiding. My dertigs so geywer om almal gelukkig te hou. Nou is ek. Dit wys in gelaat die innerlike.

    2. Ek aarsel nie, regtig nie, ek se dadelik hoe oud ek is.

    3. Nee, al my vriendinne en werks kollegas jonger as ek, wonderlike interaksies:-))

    4. 51 … Going on 52

  6. Maria Louwrens says:

    1. Net so oud as wat ek nou is ???? Dus 56 omdat ek NOU my beste is.
    2. Ek is gemaklik met hie oud ek is. So ek het nog nooit geaarsel om my ouderdom te sê nie.
    3. Née ek voel nie of ek op engine wyse geoordeel word nie. En as dit wel gebeur dan is ek salig onbewus daarvan ☺️
    4 56 jaar jonk

  7. Nicolette Van Zyl says:

    1. Presies so oud soos ek nou is, want ek het lewens lesse geleer en geleef en dit oorleef!

    2. Nog nooit geaarsel nie, mense gee nie rêrig om of jy ouer is nie.

    3.nee glad nie!!

    4. 43

  8. Sandra Wiese says:

    1. 36: Jou laat dertigs is vir my so perfek. Jy is nie meer ‘n kind nie, en het meeste lewenslesse onder die knie, maar jou liggaam is nog jonk, en jou metabolisme nog lekke vinnig.
    2. Vanaf ek 45 geraak het!
    3. JA! Veral vrouens word geag as te oud vir die arbeidsmark, en jonger, mooier vrouens word makliker aangestel in nuwe poste.
    4. 46

  9. René Geldenhuys says:

    1. Ek is nou 53 jaar oud en wil geen ander ouderdom wees nie! Ek is gemaklik met wie ek is, met die mense om my (omdat ek my omring met mense en dinge wat saakmaak!), die lee nes het my weer 100% laat fokus op myself en ek hou van wat ek sien! Sou wel so paar kilogram wou verloor…

    2. Ek het nog nooit geaarsel nie. Danksy my oorlede moeder het ek op 9-jarige ouderdom met ‘n daaglikse velsorgroetine begin en mense komplimenteer my soms dat ek jonger lyk as wat ek is. Nee wat, ek is ‘n jeugdige, gelukkige 53!

    3. Ek woon op die platteland in die beeldskone Bredasdorp wat in die Overberg, Wes-Kaap gelee is. Mense is hier gemaklik, vriendelik en gasvry met mekaar. Ouderdom is nie die kwessie wanneer dit by aanvaarding kom nie, eerder of jy ‘n positiewe bydra tot jou gesin, gemeenskap en die mensdom kan maak.

    4. 53 jaar oud.

  10. Debbie Adlard says:

    1)35 years old; it was the year that I felt I came into my own… I never felt like a child or young adult, but finally a recognised / acknowledged adult.

    2)Funny enough even though I felt like a woman after 35… I only openly said my age in my late 30’s/early 40’s, but think it was the influence from people I surrounded myself with.

    3)No not at all, I think, thankfully, I have carried my age very well, I don’t look my age.

    4)48 years old, 49 in May!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *