PAS IN: Die Nuutste, Mooiste, Beste Produkte

Daar is die wonderlikste nuwe produkte op die mark – ek voel kompleet soos ‘n kind in ‘n speelgoedwinkel; ek weet nie wat om eerste te vat of te los of oor te praat of te probeer nie.

Kersfees is om die draai (ongelooflik, ek weet) dus kan jy begin gewigtige of onbedekte skimpe gooi of spaar vir ‘n lekker geskenk vir jouself.

NUUT VIR JOU VEL

PR_FY16_LM_Renewal_Oil

La Mer The Renewal Oil (R2 380)

Dit moes kom – olie is reeds geruime tyd groot skoonheidsnuus, en ons het almal gewag vir La Mer om met die kroonjuweel vorendag te kom. Dit is ‘n veel-faset elikser in ‘n kombinasie van olies (eucalyptus, sesame, amandel en sonneblom) en water wat die vel as’t ware omhul in ‘n mantel van voedende vog en olie.

Olieformules verhelp droogheid en steun die vel se vermoë om homself te hernu tot ‘n stralende, gloeiende voorkoms.

Die olie bevat die beroemde La Mer Miracle Broth wat selvernuwende energie aan die vel gee. Lyne en plooie word versag en kollageen verbeter, wat die vel lig en opplomp.

Gebruik dit saans na jou verfrisser en voor jou serum en onthou jou nek en hals!

Beskikbaar in November.

Visuel Pot Ouvert Detoure Fond Blanc copy

Sisley Supremÿa Baume At Night The Supreme Anti-Aging Cream (R7 117)

Elke nag moet jou vel hard werk om die skade van die dag se blootstelling aan die elemente, besoedeling en stres te herstel. Met die jare verswak die vel se moederselle se vermoë om snags dogterselle te maak om vel te regenereer.

Hierdie kragtige formule nagroom bevat ‘n elikser van aktiewe bestanddele wat die vel omhul in ‘n ryk, voedende streelsagte kokon en dan spring dit aan die werk met formidabele teenverouderingstegnologie om die natuurlike nagtelike herstelproses te aktiveer. Pruimolie is een van die nuwe phyto-bestanddele (saam met haselneut-, macadamia- en sonneblom-olies) in die nagroom wat help om die “verlede uit te wis” en die vel jonger te laat lyk wanneer jy wakker word.

resveratrolBE_340x550 copy

SkinCeuticals Resveratrol BE Antioxidant Night Concentrate (R2 300)

Resveratrol is een van die mees gesogte anti-oksidante om jou vel te herstel en hernu. Dit is meestal afkomstig van rooi druiwe (die skil, die stingel, die pitte of die stam) en kenners sweer by die helende, verjongende effek daarvan. Dit word nie verniet die “longevity molecule” genoem nie! Dit verleng die lewe van selle deur intersellulêre skade weens vrye radikale te neutraliseer en die sigbare tekens van veroudering te herstel. Kliniese toetse daarmee op 55 vroue tussen 45-60 het betekenisvolle verbetering getoon in fermheid en elastisiteit, veldigtheid, gladheid en helderheid. Gebruik dit snags wanneer die vel se herstelmeganismes maksimaal funksioneer.

EL DimensionFullSizeRender

Estée Lauder New Dimension Shape & Fill Expert Serum (30ml R950)

In die tyd van selfies en Instagram raak ons al meer voorkoms-behep. Hoë definisie foto’s is so “in jou gesig” en beklemtoon elke gelaatstrek, merkie en kontoer. Geen wonder kontoergrimering beleef tans ‘n hoogtepunt nie.

Met hierdie nuwe serum van Estée Lauder hoef jy nie net op grimering staat te maak om jou beste gelaatstrekke te beklemtoon nie – dit transformeer letterlik jou vel om jou gesig te vorm en volume te gee waar nodig. Dit spreek as’t ware die gesigkontoere aan en verbeter struktuur en volume.

Vir struktuur stimuleer dit kollageen en elastien ten einde dimensie, digtheid en definisie aan die gelaatstrekke te gee. Volume gee vorm en dimensies aan die gesig.

Sonder volume en struktuur raak die gesig “plat”, sonder begeerlike skadu’s in die wangholtes of ‘n glimglans op die wangbene. Vergelyk die verlies aan volume en struktuur met ‘n ballon wat pap raak – dis wat met jou gesig gebeur.

Die serum bevat HA (vul), filagrins (plomp) en lipiede (verhoog vet-inhoud) wat lipiedproduksie stimuleer om natuurliek volheid te herstel. Neurowetenskaplike toetse met vroue wat dit gebruik het, het na 10 weke getoon dat dat hulle ‘n nuwe perspektief op hul voorkoms gekry het en die voor-en-na foto’s het hulle nie net mooier en jonger laat lyk nie, maar ook emosioneel meer positief laat voel.

Nou hoef jy nie eens te probeer om die ingewikkelde kunsies van kontoergrimering met ‘n kwas baas te raak nie – hierdie serum lig en defineer sommer vanself jou gesig se kontoere!

Intense HA

OptiphI Intense HA Serum  (R1 095 vir 30ml)

Hierdie Suid-Afrikaanse kosmeseutiese velsorgreeks is vinnig besig om een van my groot gunstelinge te word. Daar is soliede wetenskaplike navorsing en kundigheid agter elke produk en elke formule word vir die maksimum doeltreffendheid aanmekaar gesit deur dokters en farmakologiese fundi’s wat weet wat hulle doen.

Hualuroniese suur (HA) is een van die moet-hê bestanddele in enige velsorg-regime. Dit sorg vir verhoogde hidrasie van die dermis, verbeter elastisiteit en verleng die lewensduur van die selle. Die produk bevat mediese graad HA (‘n natuurlike bestanddeel wat deur die vel self vervaardig word, maar afneem met die tyd) en ook oppervlak-HA wat vel “herplomp” en vogvlakke opstoot met tot meer as 60%.

Intense Retinol Inifinity Serum

Optiphi Intense Retinol Serum (R1 095 vir 30ml)

Saam met HA vorm Retinol die magiese verjonginging-tweeling vir jou vel. Een van die navorsers by Optiphi sê sy sou in retinol bad as sy kon!

Retinol is ‘n hoogs aktiewe vorm van Vit A. Dié bestanddeel vertraag sellulêre veroudering en verbeter die vel se tekstuur dramaties, insluitend akneemerke en letsels op die vel. Dit stimuleer kollageen- en elastienproduksie, verminder hiperpigmentasie en versag fyn lyne en plooie.

Omdat die formule so gekonsentreer is, word aanbeveel dat jy dit geleidelik in jou roetine inwerk, selfs al is jou vel gewoond aan ander vorme van retinol.

Dr BABOR Derma Cellular Ultimate A16 Booster Concentrate (30 ml R1 800)

Met kenmerkende Duitse deeglikheid en doeltreffendheid bevat hierdie intensiewe aktiewe konsentraat Retinew A16, ‘n bestanddeel wat 16 keer meer gekonsentreer is as Vitamine A of retinol. Dit het al die voordele van Vit A (selhernuwing, minder plooie en lyne, meer kollageen, jonger vel) en kikker die vel vinnig en sigbaar op. Aanhangers van die BABOR produkte sal weet – dit is ‘n produk wat oorpresteer op wat dit aan resultate belowe. Hierdie gaan beslis ‘n wenner wees.

Rejuvenation Plasma_5_lrg

Dr Dermal Cosmeceuticals

‘n Heerlike, praktiese driestuks wat gemaklik mooi speel met jou bestaande velsorgroetine. Dis ‘n Suid-Afrikaanse produk, geformuleer deur ‘n dermatoloog, ‘n plastiese chirurg en ‘n voorste farmakoloog. Die reeks is spesifiek gemik op SA vroue wat besorg is oor voortydige veorudering en graag top-formules van aktiewe bestanddele teen bekostigbare pryse wil gebruik.

Texture Correction Pads (R475 vir ‘n pak van 30): Gebruik saans na reiniging. Die doekie is deurweek met hualoroniese suur (HA), anti-oksidante en glikoliese suur wat alles saamwerk om die vel se tekstuur te verfyn en verjong.

Total Rejuvenation Plasma (R675): Gebruik soggens as ‘n teenverouderingserum en basislaag (primer).

Total Rejuvenation Mask (R299 vir 4): Fyn systof deurweek met ‘n mengsel van peptiedes en HA wat die vel vinnig en doeltreffend penetreer vir optimale bevogtiging. ‘n Lekker masker om tam vel op te kikker. Doekmaskers (cloth masks) deurweek met aktiewe bestanddele het uit Korea in die Weste aangewaai gekom en skoonskip gemaak op die skoonheidstoneel. Dit is ‘n wonderlike manier om ‘n masker met aktiewe bestanddele doeltreffend in te span.

SIX Serums Box & Bottles  (MR) copy

SIX Booster Elixir Serums (R760 vir ‘n stel van 4)

SIX is die breinkind en skepping van die slim Marisa Dimitriadis, Suid-Afrika se top spa-beplanner en konsultant. Sy het die behoefte gesien aan ‘n bekostigbare, effektiewe velsorgreeks vir gebruik in spa’s en nou is SIX al so gesog dat dit uitgevoer word na lande soos Mauritius. Sy werk ten nouste saam met internasionale kenners om net die allerbeste bestanddele in haar formules te vervat en heelwat hiervan voer sy in na SA.

Die kroon van die reeks (wat alles van reinigers tot maskers insluit) is die Booster Elixir Serums wat die tekens van veroudering ‘n stewige skop onder die sitvlak gee met hoogs gekonsentreerde formulerings. Jy kan meng en pas na gelang van jou vel se behoeftes en kies uit Whilst You Sleep (oornag herstel en hernuwing van afgematte vel) Sensitive (verminder rooiheid en inflammasie), Brightening & Even Tone (beperk en verlig pigmentasie), Purifying & Mattifying (balanseer olierige en probleemvel), Tightening & Firming (vir verlies aan fermheid) en Fine Lines & Wrinkles (veral geskik vir lyne om die oë en in die nek).

SON-SORG

SkinCeuticals Eye Physical Eye UV Defense SPF50 (R>>>)

As die son jou bykom, kry jy plooie. Hoe dan gemaak met die delikate area om die oë, wat maklik geïrriteer kan word met konvensionele sonskerm? SkinCeuticals kom met die antwoord – hulle het een van die skaarser-as-hoendertande oogrome met ‘n ingeboude sonskerm geformuleer. (Ek weet net van een ander so ‘n produk, wat deur Guinot gemaak word.)

Nie net beskerm dit die oog-area volkome teen UVA en UVB-strale nie, dit is lig getint om ook tekens te verdoesel van prosedures soos Botox, laser en velskilferings (en selfs plastiese chirurgie vir ‘n ooglid-operasie) wat die vel rooi of gekneus kan laat lyk.

Ja, jy kan agter ‘n groot sonbril wegkruip, maar ‘n mens is maar te bly vir alle hulp wat jy kan kry!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.