Pas IN

Op hierdie blad lees jy oor die heel nuutste, opwindende produkte op die rak – kraakvars, letterlik “Just In”. As en wanneer ek dit uitprobeer het, kan jy lees wat ek daarvan dink op die Toetstafel. Die jongste oes sluit in ’n ongewone cologne, mooimaakgoed en velsorg-vondse. *(Alle foto’s verskaf)

 JO MALONE WSSS_Cologne_100ml_1MB copy 3

Jo Malone Wood Sage & Sea Salt Cologne (100ml R1 250)

Sout en salie in parfuum? Ja-aa, as dit Jo Malone is wat dit skep! Net betyds vir die somer, son en see – ‘n geur wat jou herinner aan ‘n windverwaaide strand, ‘n growwe wit vissermanstrui wat na sout ruik teen jou vel (en ‘n bruingebrande man daarin) en die kruiegeur wat van die duine aanwaai. Kan nie wag nie!    

Skinceuticals Hydrating B5 3 copy

SkinCeuticals Hydrating B5 Serum (R1 166)

Hierdie supervog-missiel is Skinceuticals se nommer 1 verkoper wêreldwyd. Dit is so kragtig en volgeprop met hialuroonsuur (HA) dat dit net so of onder ‘n bevogtiger gebruik kan word.    

LA MER The_Treatment_Lotion copy

La Mer The Treatment Lotion (R900)

Die derde stap in jou velsorg roetine, ná reiniger en verfrisser en vóór serum: Treatment Lotion kondisioneer en berei vel voor vir die beste absorpsie van aktiewe bestanddele in serums en behandelingsrome wat daarop volg. In Asië is ‘n velkondisioneerder as die begin van jou behandelingsroetine normale gebruik.    

CLARINS HDsuper_restorative_day_with_harungana_still_life copy 3

Clarins Super Restorative Day Cream (R1 130) & Night Cream (R1 180)

Fifty & Fabulous, sê die inligtingsbrosjure oor dié nuwe reeks. Gaaf, julle het my aandag! Die reeks is gerig op vroue van 50+ en die velprobleme wat hulle ervaar as die hormone nie meer hul verjongende rol speel nie. Toetstafel toe!    KIEHL'S Super_Eye_Pack 3

Kiehl’s Super Multi-Corrective Eye-opening Serum (R495)

‘n Mondvol se naam vir ‘n baie klein botteltjie wat ‘n reuse-taak wil verrig: Dit beloof om verouderende oë met ooglede wat hang, binne 4 weke 42% jonger en wyer oop te laat lyk. Hierdie serum gaan beslis Toetstafel toe voor dit in Oktober in die winkels land!

 

Bobbi Brown Smokey Nudes Eye Palette (R760)

‘n Dubbel-dekker palet met agt oogskadukleure handig saamgestel sodat jy in ‘n japtrap self ‘n rokerige of subtiele naakte oogvoorkoms kan skep. Perfek vir dag en nag – jy kan die intensiteit opdraai na gelang van die tyd en geleentheid.

 

 

CHANEL Vitalumière Loose Powder Foundation (R1 010)

Is dit ‘n poeier of ‘n vloeistof? Beide. ‘n Poeier-onderlaag wat hom gedra soos ‘n vloeibare onderlaag en vel laat lyk asof dit in sagte-fokus afgeneem en behendig ge-photoshop is. Dit kom met sy eie Kabuki-borsel vir perfekte aanwending van die ragfyn poeier. ** Kyk binnekort uit vir Christine Lucignano, CHANEL se internasionale grimeerkunstenaar, en haar geheime, fyner kunsies van grimering om jonger te lyk.

Smashbox 3-in-1 Telephoto Face Brush (R450)

Een borsel, drie afwerkings. ‘n Super-slim idee! ‘n Grimeerborsel met drie “ratte”: Kliek een vir vol “coverage”, kliek twee vir medium aanwending en kliek drie vir deursigtige, ligte afwerking. Dit werk vir enigiets van onderlaag tot poeier. Perfek as jy lig wil reis.

 

2 Replies to “Pas IN”

  1. Hallo Denise. Die Jo Malone geur is lieflik. Dit is reeds van September af in Suid-Afrika te koop by die Jo Malone toonbanke en ook aanlyn. Besoek Skinceuticals op hul Facebookblad by https://www.facebook.com/SkinCeuticals.SouthAfrica om vas te stel waar die naaste plek is waar jy dit kan koop. Dit is net by estetiese dokters, dermatoloë en plastiese chirurge se kamers beskikbaar.

  2. Wow, daardie Jo Malone geur klink wonderlik. Sal beslis wil hoor wanneer dit beskikbaar is. Waar kan ek Skinceuticals produkte in die hande kry? Ek is seker die blog gaan wyd gelees word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *