Sisley Black Rose Precious Face Oil Anti-Aging Nutrition

Wat Is Dit: Sisley Black Rose Precious Face Oil Anti-Aging Nutrition (R3 000)

Sisley Precious Black Rose Oil with background

Dit Belowe: ‘n Sy-agtige, droë olie wat die vel voed en voorberei om ander velsorgprodukte ten beste te absorbeer. Dit bevat Omega 3 en 6 olies, plus vyf plantaardige bestanddele soos pruim-olie en avokado-ekstrak wat die vel voed, bevog en streel. Ekstrak van swart roos sowel as roos-, magnolia- en malva-olie sorg vir ‘n hemelse geur wat ‘n mens in ‘n luukse kokon van welbehae omhul. Gebruik 3 druppels op skoon vel, soggens of saans. Dis geskik vir vel wat gedehidreer is en vir ouer, droë vel wat ‘n tekort aan lipiede (olie) het.

Ek Sê: Elke druppel van hierdie olie is suiwer weelde. Dit het my vel voelbaar sagter en gladder gemaak en ek word in die oggende wakker met ‘n vel wat plomp, uitgerus en stralend lyk, al het ek die vorige nag tot watter tyd gelê en lees.

Peperduur/Pynloos/Prakties: Peperduur, maar dit kan maande der maande hou, want drie druppels is genoeg vir jou gesig en nek. Ek gebruik dit super-suinig, maar kom baie ver met die absolute minimum van hierdie produk.

Leave a Reply

Your email address will not be published.