TOT DIE LAASTE LEKSEL TOE

Illustration 130013077 © Maksym Yemelyanov | Dreamstime.com

UIT die aard van my werk, is ek bevoorreg om gereeld nuwe produkte te ontvang en uit te toets. Dis lekker, maar die lekkerste is om vir ander vroue daarvan te vertel. Of as iets nie vir my werk nie, dit aan te gee na ‘n vriendin om te sien of haar vel en voorkoms daarby baat vind.

Maar daar is produkte wat nêrens heen gaan nie. Ek druk die buisies leeg, sny die onderkant af, steek ‘n wattestokkie in en delf die laaste druppel daarvan uit. Of ek skraap met my vingers die bodem van die potjie blink.

Wil julle weet watter produkte het ek sover hierdie jaar gebruik tot die laaste druppel toe? Natuurlik wil julle. Want dit is die soort produkte wat vir my wonderlike resultate gelewer het en wat ek sonder huiwering uit my sak sal koop. Dis nou te sê, as my beursie nie te plat is nie!

Meno-Glow en Hernuvin

Elders op die blog skryf Toni Younghusband, my voormalige redakteur by SHAPE Magazine, oor haar ervaring met borskanker en hoe Hernuvin se reeks produkte haar gehelp het met tipiese velprobleme wat met intensiewe chemoterapie gepaard gaan.

Hernuvin is spesiaal geformuleer is deur die plastiese chirurg en navorser, Dr Hugo Nel, nadat sy narkotiseur, Dr Marna Kühn, borskanker gekry het en hom gevra het of hy dan nie in sy laboratoriums ‘n produk kan formuleer om haar te help met die ingrypende velskade en haarverlies ná chemoterapie nie. (Dr Nel is ook die skepper van die vermaarde Optiphi velsorgreeks, wat hier en oorsee gesog is.)

Hy het nie vir ‘n oomblik gestuit voor die uitdaging nie, en die resultate is Hernuvin.

Dit het egter nie daarby gebly nie. Daar is baie ooreenkomste met ‘n menopousale en post-menopousale vel en die velprobleme wat kankerbehandeling kan meebring. Dit sluit onder meer droogheid, sensiwiteit, dowwe, lewelose vel en stadige selhernuwing (kollageenvorming) in, asook haarverlies.

En so word Meno-Glow gebore – een van die beste plaaslike reekse wat ek in ‘n lang tyd op die proef gestel het. Die reeks bestaan uit ‘n reinigingsjel, retinol serum, oogroom, bevogtiger, sonroom, handeroom, jelmasker en kopvelserum. Dr Nel glo nie aan velverfrisser nie – die reinigingsjel doen sommer die verfrisser (toner) se werk ook.

Ek was maar skepties oor die bevogtiger, wat vir my effens dun gelyk het en nie ryk genoeg vir my vel nie. Wel, ek moes my bedenkinge sluk: My vel het gegloei, en hidrasie was fenomenaal.

Die reeks is aanlyn beskikbaar, en ook by sekere velsorg terapeute soos Skin ID en die pryse laat nie ‘n mens se oë water nie. Ek het meer as 3 maande uitgekom met my voorraad en dit tot die laaste druppel toe gebruik.

My betroubare Skin Logic meter vertel die storie: Ná ‘n maand se gebruik was my vel se voggehalte 46%, die olievlak 23% en my vel se elastisiteit het ‘n glimlag gesiggie gekry.

So lyk die Hernuvin-reeks, wat by onkoloë en sekere dokters te kry is.

Exuviance en Neostrata

Ek is ‘n groot aanhanger van die Amerikaanse Neostrata en Exuviance-reekse, wat deur Genop in Suid-Afrika bemark word. Dit is ‘n salonreeks van dermaseutiese produkte.

Ek het die Exuviance Total Correct Wash, Neostrata Glycolic Renewal Serum, Exuviance Age Reverse Day Repair SPF30 en Exuviance Total Correct Night vir meer as twee maande gebruik.

Só in my noppies was ek met hoe my vel gevoel en gelyk het, dat ek die buisies onder oopgesny het om tot die laaste bietjie uit te kry. Die Exuviance reiniger is ‘n fyn skuim wat die vel ook sagkens skilfer (exfoliate). Dit is seepvry en verwyder selfs dik grimering en maskara. Jy het nie ‘n verfrisser nodig ná hierdie reiniger nie, want die vel se pH-vlak is reeds korrek – dis hoekom die reeks Total Correct heet.

Die Neostrata serum het beslis my vel gehelp om fyner en stralender te laat lyk. Ek het dit soggens en saans gebruik.

Ek is ‘n “sucker” vir ‘n veeldoelige dagroom – die Exuviance Age Reverse Day Repair, met ‘n breëspektrum SPF30, beskerm, verferm, beveg vrye radikale danksy anti-oksidante in die formulering en teiken oneweredige velkleur en pigmentasie.

Die dagroom van Exuviance Age Reverse bevat ‘n breëspektrum sonskerm. Die verferm die vel, teiken pigmentasie en beveg fyn lyne en plooie.

Ek was dol oor die Exuviance nagroom. Nagrome kan soms dik en taai voel, maar hierdie room is super absorbeerbaar en my vel het in die oggend verfris en jeugdig gelyk.

My meter stem: My vel se voggehalte is tops, die oliebalans is perfek en die elastisiteit kry ‘n goedkeurende glimlaggie.

Dié produk-kombinasie was ‘n groot wenner in my boek, en my meter het bevestig die resultate was puik.

NUXE Merveillance LIFT

Die Franse NUXE produkte is al jare ‘n groot gunsteling op my rak. Al hul reekse is lieflik en veral hul fyn olie vir gesig, hare vel, het ‘n wêreldwye aanhang. Ek is nooit sonder ‘n bottel daarvan in my reistassie nie.

Maar noem die woord “Lift” en my ore spits dadelik. Ek is in daardie jare waar dit die soort aksie is waarvan ek baie hou.

Ek was dus baie gretig om hul nuwe, pragtig verpakte Merveillance LIFT reeks vir ‘n ouer vel te probeer. Die doel van die reeks is om verslapte vel fermer te maak. Dit bestaan uit 5 produkte: ‘n olie-serum, dagroom (een vir normale en ‘n ryker een vir droë vel), nagroom en oogroom.

Die NUXE Merveillance LIFT reeks

Die produkte bevat mikroskopiese varswater groen-alg olies en ‘n minimum van 96% natuurlike bestanddele/ Die tekstuur is hemels en danksy subtiele geure van magnolia, freesia en wit muskus ruik dit ook hemels.

NUXE is bekend as ‘n voorste Franse “apteek” naam en alles wat uit hierdie stal uit kom, imponeer my. Dit lyk fantasties, dit ruik fantasties en dit werk fantasties. Dit is vegan-vriendelik en ‘n “skoon” produk.

Die groen alg (chlorella vulgaris) in die produk het 2.5 miljoen jaar gelede die eerste keer op die planeet verskyn en oorleef tot vandag toe danksy hul vermoë om bykans enigiets te weerstaan met ‘n membraam ryk aan molekules wat so ondeurdringbaar is dat nie eens virusse dit kan penetreer nie. Hulle regenerasievermoë is verstommend – elke dag gee dit geboorte aan vier nuwe selle.  

Die dagrome bied ‘n keuse: Firming Powdery Cream wat die vel fermer maak en plooie sagter laat vertoon danksy ‘n poeieragtige formule wat plooie as’t ware “opvul”. Ideaal vir normale en kombinasie- veltipes.

Firming Velvet Cream is ‘n ryk dagroom wat eweneens die vel fermer maak en plooie help versag, terwyl dit die vel se soepelheid en tonus versterk. Dit is geskik vir normale tot droë veltipes.

Ek was gek na die Firming Activating Oil-serum. Jy het net 3 druppeltjies nodig vir jou gesig, nek en hals. Ek is ‘n groot aanhanger van vel-olies, en ‘n serum-olie pas my soos ‘n handskoen. Die olie bevat kragtige aktiewe bestanddele om fermheid en tonus te herstel.

Ek kon nie glo hoe vinnig die Lift Eye Cream resultate toon nie. Dit het ‘n “blur” effek vir plooierige ooglede, wat lyntjies, pofferigheid en kringe onmiddellik versag en die oogkontoer binne een maand fermer laat vertoon terwyl dit ‘n oplig-effek op die ooglede het.

Die Concentrated Night Cream bevat sterk teenverouderingselemente wat die vel se sel-energie oornag herlaai sodat dit soggens lyk of jy ‘n ekstra paar ure se slaap ingekry het.

Skaf gerus die NUXE jade gesigroller aan vir selfs beter resultate danksy die stimulasie van bloedsomloop en gesigspiere sowel as energie-drukpunte.

Vir hierdie reeks sal ek beslis ook my sak skud, en dit help dat dit nie peperduur is nie. Beskikbaar by Foschini’s en aanlyn.

SLEGS TIEN DAE NÁ EK DIE NUXE MERVEILLANCE REEKS BEGIN GEBRUIK HET. Hidrasie is perfek hoog, olie is in balans en elastisiteit kry ‘n gawe regmerkie.

CHEMOTHERAPY: MY ROAD WITH HERNUVIN

Soveel vroue wat chemoterapie kry vir borskanker of ander kanker, gaan nie net deur die ellende van die behandeling self nie, maar ook deur die lyding en newe-effekte wat daarmee saamgaan. Haarverlies, droë, sensitiewe vel, naels wat verkleur en oplig, horingdroë lippe, hande wat ongemaklik droog is – te veel om op te noem. Nie net kry jou voorkoms ‘n knou nie, maar ook jou selfbeeld en selfvertroue. ‘n Briljante Suid-Afrikaanse spesialis het ‘n vel- en lyf-reeks geformuleer spesiaal vir hierdie vroue. Lees hier hoe ‘n oud-tydskrifkollega dit op die proef gestel het. #hernuvin

Hernuvin review by Toni Younghusband

THE HERNUVIN RANGE

I was diagnosed with breast cancer for the second time in February 2021 and began chemotherapy treatment on 9 April – 4 sessions with 3 weeks’ break in between.

SIDE EFFECTS

Aside from nausea and absolute exhaustion, side effects included:

• skin rashes on my cheeks

• hair loss beginning within 10 days of treatment

• chronically dry skin

• dry lips

• mouth sores

After the 4 sessions were complete, I had surgery to remove the lump and then the second round of chemo starting two weeks later comprised 12 sessions over 12 weeks (1 x weekly).

BEFORE HERNUVIN

SIDE EFFECTS

• my hair had just started to show signs of recovery but after the first session of this chemo it fell out again

• chronically dry skin on face and body

• dry lips

• thickened skin on knuckles of hands which eventually formed scabs and came off

• nails turned black and partially lifted

After 12 weeks of chemo, I had 25 sessions of radiation therapy over 25 days.

MY EXPERIENCE USING HERNUVIN

I came to Hernuvin late in the day and wish I had had it earlier to help with the chronically dry skin and to keep my scalp healthy. I started Hernuvin two days after my final radiation treatment.

By then the rash on my face and the thickened skin on my hands had disappeared but I was very eager to try the Hair Growth Serum which I applied as per instruction 2 x a day. I liked the fact that it left no sticky or oily residue and disappeared into my scalp within minutes.

Within a few days, my hair (which had started to grow back in fluffy tufts) was noticeably thicker all over my head.

I loved the gentleness of the Hernuvin Moisturiser. I usually use a heavy night cream for mature skin (L’Oreal) and was a bit concerned the Hernuvin wouldn’t be enough but in fact, my skin reacted beautifully and my complexion showed no signs of dryness. The tone evened out. A month after radiation I also used the Hernuvin Retinol and Eye Cream and noticed a dramatic improvement: my skin looked smoother, plumper and less pigmented.

I used the Hernuvin Wash in the shower which is gentle (important post-radiation as my skin was burned). I also liked that I could use it as an alternative to my shampoo.

I have also used the Hernuvin Sunblock (very effective while hiking in the Drakensberg).

AFTER HERNUVIN

Would I recommend Hernuvin to other cancer patients? Yes. I loved its gentleness, there’s no medicinal smell and there were noticeable differences in my hair growth and the suppleness and tone of the skin on my face. I just wished I had started it sooner when my skin was at its worst.

LEES ELDERS* OP DIE BLOG DIE STORIE AGTER HERNUVIN

Die produk is te kry by onkoloë, estetiese klinieke en aanlyn.