Slide thumbnail

BLOGS TYDLYN

TUSSEN VRIENDINNE

Ek deel my seepkissie hier  by TUSSEN VRIENDINNE met erkende skoonheid-ghoeroes.

Ons is ‘n handjievol hoogs ervare, uiteenlopende, nuuskierige en avontuurlike skoonheidskenners wat ons vondse, passies, insigte, inspirasie, irritasies, gunsteling produkte, skoonheidsroetines, geheime adresse, wenslysies, rolmodelle, en versugtinge met mekaar en met julle deel.

Ons hoop julle geniet dit!

Kletspraatjies Met Elsa en Daniela

Daniela Massenz en ek loop ‘n lang pad saam as skoonheidsredakteurs vir verskeie tydskrifte. Tussen ons het ons sowat 40 jaar ervaring van die bedryf. Skoonheid, gekombineer met gesonde verstand en ‘n goeie skoot ydelheid, is ons passie. Ons wissel gereeld idees en standpunte en wil dit hier met julle deel.

Daniela is veeltallig (Italiaans, Engels en ‘n lekseltjie Afrikaans) en ons voer ons dialoog in Engels en Afrikaans; sodoende praat elkeen in haar “eie stem” en ons hoop julle geniet dit.

 

VRAE EN ANTWOORDE – JULLE VRA

Laat hoor van julle met jul skoonheidsorge en vrae. Skryf aan: elsa@mooipraatjies.com

As ek dit nie self kan antwoord nie, sal ek die eksperts vra!

 

VRAAG: 

Marie Taylor vra op Facebook se Mooipraatjies met Elsa blad: Wat is jou siening van permanente grimering, soos byvoorbeeld oogomlyning?

ANTWOORD: Lees meer by VRAE EN ANTWOORDE – JULLE VRA