WEN: ghd Pienk Plesier

Hoeveel van ons het nie ‘n geliefde of  ‘n vriendin(ne) wat die sware stryd teen borskanker stry of gestry het nie?

Elke jaar bring ghd ‘n spesiale pienk haarstileerder uit ten bate van PinkDrive.

ghd collage2

Vanjaar se Vintage Pink Edition, kompleet met ‘n plat spaan (paddle) borsel, pienk haarknippe en stileerder (flat iron) is die mooiste wat ek nog gesien het. Dit is in ‘n elegante mat poeierpienk met pienk metaal aksente en o, só stylvol.

Dit is reeds beskikbaar en net tot einde Julie op die rak. Spring gou as jy ‘n stel wil koop – daar is net ‘n beperkte oplaag vir ‘n kort tydperk.

Jy kan die hele stel ter waarde van R2 720  wen [Vintage Pink ghd V Styler R2 399; Vintage Pink ghd paddle brush R299; 2x Vintage Pink ghd clips R20].

Al wat jy moet doen is om Mooipraatjies Met Elsa op FaceBook te “Like” en in die kommentaarblokkie hier onder in een of twee sinne te sê waarom hierdie pragtige pienk toorgoed op jou spieëlkas moet pryk.

Sluitingsdatum: 24 Julie 2015

Die wenner sal op FaceBook aangekondig word.

* Lees meer oor PinkDrive by www.pinkdrive.co.za

 

25 Replies to “WEN: ghd Pienk Plesier”

  1. ek dink deur hierdie pragtige pienk stelletjie op my spieeltafel te he sal ek elke dag deernis en meegevoel he met borskanker slagoffers. ek werk elke dag met kanker pasiente en ek partykeer vergeet ek om dankbaar te wees vir my eie goeie gesondheid.

  2. Sjoe as ek nou n wenner kon kies sal dit Alette Venter wees..Die groot K…nagmerrie Wat jou lewe in n tornado kan verander. ..om self k te hê en Dan nog jou dogter te verloor en jou man Wat dit ook het. ..

  3. Hierdie jaar is dit 10 jaar terug wat my sus met borskanker gediagnoseer is. Ons loof en prys ons Hemelse Vader dat sy haar 10jaar merk bereik het. GHD se pienk stileerder sal ‘n ereplekkue op my spieëlkas hê. Elke dag sal die pienk pragstuk my laat dink aan haar wat haar stryd teen kanker gewen het en aan my Pa wat sy stryd verlede jaar verloor het.

  4. Het my niggie(my beste vriendin) verloor aan borskanker. Enige iets pienk is n huldeblyk aan haar. Sy was vreeslik gesteld op haar hare voor die kanker, en na sy haar haartjies verloor het agv die behandeling, was dit baie erg vir haar. Pienk ghd, kan ek sorg dat my hare altyd mooi lyk soos hare. Well done met die ongelooflike mooi huldeblyk dmv hierdie produk.

  5. Ek is geseen met n bos hare wat hul eie wil het. My oggend hare is genoeg om enige man
    die hasepad te laat vat en kinders verewig die skrik op die lyf te jaag . Die geringste windjie of water druppeltjie laat die wilde haredos hul eie rigting kies. Ek begeer n “tool” om die spulletjie n les te leer en hulle vir eens en vir altyd op hul plek te sit! Op n ernstiger noot – ek het die afgelope 5jaar 3 vriendinne aan kanker verloor- ek eer hul nagedagtenis en is dankbaar oor die bewusmaking.

  6. Ek sal dit graag op my spieëlkas wil sit ter na gedagte aan almal wat die stryd teen borskanker verloor het maar ook vir die wat dit oorwin het en n insperasie vir my is.

  7. Ek sal elke keer dink aan die wat die stryd verloor het en aan die wat die stryd teen kanker oorwin het.

  8. Die stylvolle pragtige pienk stel moet definitief op my spieelkas pryk as herinnering aan almal wat teen borskanker stry. En ook natuurlik GHD is die beste stileerder op die mark, en sal my en my pragtige dogter se hare so mooi laat lyk. Ongelukkig kan ek dit nie bekostig om te koop nie, maar sal dit bitter graag wil wen… Het dit sooooo nodig.

  9. Dit is een van die “tools” wat elke vrou benodig!! Dit verrig wondere met jou hare.

  10. Solank dit pink is… nou kan elke dag die perfekte haardag geniet met die hulp van die ghd Pienk Plesier!

  11. Ek het nie een nie. Wens vir een… En n pienk een met die boodskap van die groot K is absoluut Super!!

  12. Ek sal graag my vriendin, wie tans chemo ontvang vir borskanker en al haar hare verloor het, wil bederf sodra sy een van die dae weer hare het!

  13. Ek wou nog altyd n GHD vir my twee PRAGTIGE dogters koop, maar kon dit net nooit bekostig nie! Hul sal oor die maan spring as ek dit vir hulle kan wen!! En pienk is natuurlik een van hul geliefkooste kleure!! Dit sal n ‘dream come true” wees!!

  14. Ek besit nie een nie en het nog nooit een gehad nie so hier is my kans om ook een te wen en stunning te lyk. 🙂

  15. Ter herhinnering aan my pragtige dogter. Ek en sy en haar pa het almal die groot K beveg. My dogter Natasha het klierkanker gehad en dit ongelukkig oorlede in 2011. Sy was nog in die hospitaal toe is ek gediagnoseer met borskanker en is nou gesond. Haar pa het prostaatkanker gekry terwyl sy ook nog behandeling ontvang het.
    Sal my altyd aan haar herhinner.

  16. Ek glo enige mamma verdien so ‘n pienk GHD-outjie… maar nie almal van ons kan dit noodwendig bekostig nie. So as ons ‘n kansie kry om dalkies een te wen, dan behoort ons te probeer ten minste! Ons werk hard om ons mans & kinders mooi en gelukkig te hou, en dit doen ons met groot liefde. … maar soms het ons bietjie “hulp” nodig om ook mooi te lyk 😉

  17. net die produk…… vir my dik en krulhare….veral wanneer ek met vakansie is….by die see

  18. Net omdat ek jammer vir myself voel oor my gebreekte voet en oor my hare in my oe val terwyl ek op die krukke en in die moon boot probeer byhou met die lewe.

  19. Ek het nou vir die eerste keer in jare weer die geleentheid om tyd om aan myself te bestee. Na jare se kinders grootmaak het ek myself ‘n bietjie afgeskeep. Ek geniet die nuutgevonde vryheid en wil graag weer mooi lyk. Ek probeer my hare bietjie langer groei en met so ‘n wonderlike geskenk sal dit net makliker wees om binne minute pragtig te lyk!

  20. Die verruklike ding sal uiteindelik sin maak van 8 maande hare groei na jare van “pixie” dra!
    In my best Afrikaans!
    Would be amazing to have one now that I have hair:)

  21. Hi Elsa, behalwe dat ek nog altyd ‘n GHD wou besit en die feit dat dit die beste op die mark is, voel ek ook dat dit gesog is omdat dit pienk is. Nie net die kleur pienk nie, maar die betekenis daaraan. Die feit dat dit gedoen word vir Pinkdrive en borskanker maak dit meer as goud werd want dit le elke dame naby aan die hart.
    (Ek het gelike op facebook)
    *hou styf duime vas*

  22. Ek dink ek verdien dit !! Ek is dit werd om sulke mooi goed te he en dan kan ek sommer spog met mooi hare ook !

  23. Myne het gebreek en ek is absoluut verlore sonder hom!!!! Sit al vir ‘n maand ‘n mussie op my (dankbare) vol bos krulhare!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *