WEN: ‘n Gelukkige Verhouding Met Jou Hare

Hoe voel jy oor jou hare? is jy lief vir jou hare of is jul verhouding, op Engels gestel, maar ‘n “hairy affaire“? Wie begeer nie ‘n blink, gesonde haredos nie?

As jy jou verhouding met jou hare met een woord moet beskryf, wat sal dit wees? Onmoontlik. Moedswillig. Obstinaat. Fantasties. Perfek. Gelukkig. Moeilik. Frustrerend. Salig. Bitter. Miserabel. $#%@&!

HAIR PIC

Wie begeer nie ‘n gesonde, glansende haredos nie?

Feit is, jou hare is iets wat geen vrou koud laat nie. Die meeste van ons is erg emosioneel oor ons hare. As my hare die dag oes lyk, voel ek knorrig en my selfvertroue lê maar laag. Dis nie oordrewe nie om te sê dat my hele ego omtrent letterlik in my hare vasgevleg is. En ek glo nie ek is enigsins uniek in hierdie opsig nie. Daar is ‘n rede waarom ons almal presies weet wat beteken ‘n bad hair day en wat dit aan jou gemoed kan doen.

Die resultate van ‘n onlange aanlyn opname wat Dove Hair onder vroue in Suid-Afrika gedoen het, bevestig weer eens dat ons vroue baie emosioneel oor ons hare is. Nie minder nie as 80% het geantwoord dat hul hare hul gemoedstoestand dag-tot-dag beïnvloed. Hul keuses om hul hare met net een woord te beskryf, was ook insiggewend: 30% sê “identiteit/persoonlikheid”, 40% “‘n uitdaging”, en 30% “selfvertroue”.

Hieruit kan ‘n mens aflei dat meeste vroue hul hare sien as  ‘n verlenging van hulself en hul identiteit. Maar mooi hare kom nie regtig vanself nie, min van ons is so gelukkig.

‘n Vrou se verhouding met haar hare is ‘n permanente affaire, en dit verg toewyding, harde werk en tyd om dit in ‘n blywende liefdesverhouding te omskep. Of dit kan ‘n ewige stryd wees. Soos met enige langtermyn verhouding, moet daar konstant daaraan gewerk word en jy moet tyd, energie en geld daarin belê. Om ‘n terloopse affaire te laat groei tot ‘n stewige, gelukkige verhouding, verg vertroue en ‘n hegte verbintenis.

Dove full range
Die volledige Dove Nutrive Solutions haarsorgreeks wat pas herformuleer en bekend gestel is

Ek hou daarvan dat Dove met vroue gepraat het oor hulle hare voordat hulle die Dove haarsorgreeks herformuleer en nuut bekend gestel het met die spesifieke oogmerk om te help met die negatiewe emosionele effek wat haarprobleme kan meebring en die impak daarvan op ons daaglikse lewe. Die meeste van ons sukkel met beskadigde hare, ontembare hare, droë hare, uitgewaste, verbleikte kleur of growwe, kroeserige hare. En dit versuur jou goeie verhouding met jou hare.

Die nuwe Dove Nutrive Solutions het die onmiddellike effek van blink, glansende, sysagte hare, en op die langer duur voed en versterk dit die hare deurlopend. Hoe langer jy dit dus gebruik, hoe beter word jou hare. Die reeks bevat Nutri-Keratin aktiewe bestanddele wat die hare opbou, versterk en voed sodat dit met die verloop van tyd net beter, gesonder en mooier lyk en voel. En daarmee wil Dove jou oortuig om getrou te bly in ‘n nuwe verhouding met jou hare: Volgens hul opname koop vroue ‘n yslike verskeidenheid van (dikwels onnodige) produkte in die hoop om kitsoplossings vir hul haarprobleme te vind. Die helfte van die vroue verander hul produkte elke drie maande, dit is dus duidelik dat verbruikers nie vertroue het in hul produkte nie en dat hulle maklik verlei word om iets anders te probeer.

Dove glo as jy jouself verbind tot ‘n langdurige verhouding met Nutrive Solutions, gaan jy getrou bly en blywende haar-geluk vind. Die beste verhoudings word immers gebou op vertroue en tere sorgsaamheid!

WEN WEN WEN

Dove Nutritive Solutions Intensive Repair range copy
Die Dove Nutrive Solutions Intensive Repair reeks wat jy kan wen

Is jy lus vir so ‘n gelukkige haar-verhouding? Ek het 5 pakke nuwe Dove Nutrive Solutions ter waarde van R1 000 elk om weg te gee aan lesers van Mooipraatjies.

Elke pak bevat 4 Dove Nutrive Solutions Intensive Repair produkte vir beskadigde hare: Sjampoe; Opknapper; Masker; Daaglikse Behandelingsroom.

PLUS: ‘n Mikrovesel kophanddoek en ‘n badhanddoek.

PLUS: ‘n stylvolle Dove Hair Infinity armbandjie wat jou sal herinner om verbind te bly tot jou onderneming om jou hare met liefde te vertroetel en versorg!

Die inhoud van die Dove Nutrive Solutions geskenkpak wat jy kan wen

Al wat jy moet doen is om in die Kommentaar-blokkie hier onder met EEN woord jou verhouding met jou hare te beskryf en dan in twee of drie sinne te vertel wat die ergste /snaakste /beste ding is wat nog met jou hare gebeur het. Ons het amper almal ‘n rillerstorie of ‘n humoristiese ervaring of ‘n suksesverhaal in ons hare se geskiedenis!

SLUITINGSDATUM: 28 Maart 2016

My persoonlike haarmoles?

Ek het jare gelede gehoor ‘n spiral perm is net die ding om my onbeheerbare krulhare rigting en styl te gee. Groot fout! My hare het soos strooi gevoel en gelyk en letterlik soos kraakdroë houtstokkies afgebreek. Les geleer.

10 Replies to “WEN: ‘n Gelukkige Verhouding Met Jou Hare”

  1. ‘n Lekker blog storie oor hare en die stryd wat ons daarmee het (of nie), is definitief op die kaart, Mariette! My hare is ook droog, dik, grof en krullerig, en ek vind dat olies die antwoord is. Op die oomblik is my gunsteling die droë olie van Dove. Dit ruik heerlik en tem regtig my wegvlieg-hare.

  2. My hare is grof, dik en hard – regte perdehare, maar ten spyte van my “bad hair days” en krul wat sy kop uitsteek sodra daar bietjie vog innie lug is, is ek oor die algemeen net gefrustreerd met die feit dat my hare alewig droog voel. Ek’t alles probeer, moroccan oil, olyfie en sels Johnson’s babasjampoe. Help asseblief, ek vra raad by ons Mooie Mooipraatjies Guru, wat is jou geheim?

  3. emosioneel
    Het lang hare gehad toe ek klein was. Kinders het kougom daarin gesit. Dit het agter oor my skool stoel gehang tot op die grond.
    nou kort hare

  4. Maklik.

    My hare is nogal maklik gewoontlik. Ek het nooit regtig issues daarmee nie, maar ek het well twee riller stories.

    Ek het 2 jaar terug Kaap toe getrek. Begin van hierdie jaar het ek op ‘n “mission” gegaan op n goeie haarkapper te vind.

    Die eerste haarkapper wat ek gevind het, het ek sommer op facebook gevind en iemand het gese hulle is baie goed. Ek daag toe daar op, die haarkapper is toe laat en ek wag… Na so uur toe daag daar n “vrou” op (sy was n “cross-dresser). Sy was ook nie verondestel om my hare te doen nie, maar my regte haarkapper het nie op gedaag nie.
    Die vrou was toe my hare, blaas dit droog en straighten dit en daarna toe besluit sy om te begin knip! Ek raak toe so bang dat ek net op gespring het en weg geloop het!

    3 weke later vind ek n ander haarkapper. Weereens te danke aan Facebook.
    Ek maak toe n afspraak om te sny, kleur en was&blaas.
    Ek vra vir die haarkapper om my hare donker bruin te kleur. Dit het bloedrooi uit gekom.
    Ek het haar toe gevra om my punte te sny, toe is daar net happe in my hare- baie erge Happe!
    Ek het weg gestap met bloedrooi, gehapte hare en ek wou huil!

    Dit was so erg dat ek n week later Johannesburg toe gevlieg het om na my ou betroubare haarkapper uit te kom!

    Ek is steeds op soek na n goeie haarkapper in die kaap, maar eks hopeloos te bang om hulle te toets.

  5. Roller-coaster!

    My snaakse ervaring (in hindsight) was toe ons op matriekvakansie gaan, en vir die eerste keer vryheid het. Toe besluit ons klomp girls ons gaan almal hare kleur. Wel ons koop toe daardie kits wat jy die plastiek ding oor jou kop trek en my maatjie doen my hare, (mens lyk soos n alien as jy klaar is). Toe sit sy die peroxide op so ruk later hoor ek net so ‘tsjuuu’ geluid van hoe die peroxide my hare brand… Ai toe haal ons haastig af, te laat of te vroeg want toe eindig ek met oranje hare wat soos gras voel! Van toe af nog nooit weer by die huis gekleur nie!

  6. Love relationship . My hair dryer made a short and a flame comes out the front that burnt all the hair i had on my brush busy blow drying needless to say I was speechles of shock.

  7. morsdood – omdat ek al n hele paar jaar my grys moet weg kleur lyk my hare altyd of dit morsdood is!

  8. Verknog. Ek groei al sedert matriek my hare en voel so bietjie soos Simson. As dit afgesny gaan word, gaan ek ‘n verlore mens wees. So vertel ‘n vriendin vir my, ‘n hare-akademie soek ‘n model vir hul lektor om te sit, sy wil demonstreer hoe ‘n mens punte sny. Nou ek is altyd oop vir ‘n freebie of ‘n winskopie en die lektor is tog ook ‘n stilis by ‘n bekroonde salon.
    Maar O wee, dit stop toe nie punte sny nie en my Cher-coif, wat tot amper by my borste strek, word versnipper in ‘n baie kort Chrissie Hynde-shag, circa 1985. Ek het twee jaar geneem om weer die lengte terug te kry.

  9. Dun! Dis my een word, ek het altyd ‘n welige bos hare gehad maar het siek geraak en in daai tyd baie baie hare verloor! Dit het nooit weer mooi terug gegroei nie so my hare is nou dun en yl en ek doen my bes om baie mooi daarna te kyk!

  10. Verlep.

    Ek kry mos ‘n idee om bietjie te sny. Maak ‘n afspraak terwyl ek op vakansie is in die Kaap. Maar ek besluit ek wil nie ‘n dag wag nie en laat sny sommer daar waar ek dadelik gehelp word. Sonder om my hare te was of nat te spuit, sny die haarkapper sommer net. Nou ja, ek moes die volgende dag die oorspronklike afspraak nakom dat als reg gesny kan word…en heelwat korter as wat ek beplan het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *