Slide thumbnail

BLOGS TYDLYN

WEN: ‘n Masseerbehandeling met CLARINS

My Valentynsdag geskenk van die eerste Clarins vlagskip skoonheidsalon wat verlede jaar nuut ingerig is neffens die Tanaz Hair, Beauty and Nail salon in Illovo, Johannesburg, was ‘n weelderige vollyf massering en ‘n gesigbehandeling.

Daarna het ek soos ‘n prinses gevoel, en vier dae later lyk my vel nog steeds stralend. Die gesigbehandeling behels spesifieke reinings-, eksfoliasie- en masseertegnieke, ‘n kopvelmassering en  ‘n voedende masker wat jou vel lieflik laat gloei.

My terapeut, Zak, het die wonderlikste hande aan haar om elke spasma te ontknoop en elke spier te streel – net wat ek nodig gehad het, selfs meer as ‘n duur bos rooi rose en ‘n romantiese kaartjie of twee!

Om die groot bederf af te rond, is my hare, wat salig vol voedende olie was ná die kopmassering, agterna blink gewas en drooggeblaas deur Tanaz Hair.

Julle kan deel in die bederf: Ek het twee geskenkbewyse vir ‘n Clarins Signature Massage ter waarde van R650 elk om weg te gee.

Dié vollyf (ja, kop tot tone) massering behels presiese handbewegings en tegnieke, uitgevoer deur deeglik geleerde hande.

Die behandeling word gedoen met Clarins se besonderse aromatiese plant-olies wat ingespan word juis vir hul heilsame  phyto-terapeutiese effek.

Dit is ‘n ervaring wat elke sintuig streel en stimuleer – iets om te beleef.

WAT MOET JY DOEN?

Beantwoord die volgende vraag:

Waar is die vlagskip Clarins Skoonheidsalon?

Skryf jou antwoord in die kommentaarblokkie hier onder.

Die eerste twee korrekte antwoorde wat ek uit die spreekwoordelike hoed trek, kry elk ‘n geskenkbewys vir ‘n Clarins masseerbehandeling.

Die prys kan slegs by die Clarins Skoonheidsalon gebruik word, en wenners moet hul eie vervoer daarheen reël.

Sluitingsdatum: Donderdag 23 Februarie.

Wenners sal op FaceBook se Mooipraatjies met Elsa blad aangekondig word.

Maklik nè?

 

12 Comments

  1. Marike Hechter says:

    Tanaz- 51 Corlett Drive, Illovo, jhb.
    ✊🏻

  2. Pippy G says:

    Next to Tanaz Hair, Beauty and Nails, 51 Corlett drive, Illovo.

  3. Nikki says:

    Tanaz in Illovo

  4. Ivy Taylor says:

    Illovo Johannesburg

  5. Elsje de Villiers says:

    Langs Tanaz in Illovo

  6. By Tanaz Hair Beauty And Nails in Illovo, Johannesburg

  7. Ilse Morgan says:

    Langs die Tanaz Hair, Beauty and Nail salon in Illovo, Johannesburg

  8. Lizbe von Moltke says:

    Illovo, Johannesburg

  9. Susan Pienaar says:

    Langsaan die Tanaz Hair, Beauty and Nail salon in Illovo, Johannesburg

  10. Jeanine says:

    Tanaz hair, beauty and nail salon Illovo

  11. Liesl says:

    In Illovo, Johannesburg

  12. Jana Wessels says:

    Illovo, Johannesburg (by Tanaz Hair, Nail and Beauty Salon)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *