Teen dié tyd weet julle dat ek nie bang is om nuwe produkte en prosedures te beproef nie – alles in die naam van ondersoekende skoonheidsjoernalistiek, natuurlik!
En sodat ek vir julle kan vertel wat dit is, wat gebeur en wat jy te wagte kan wees.
Of dit nou thread lifts of brow blading of velskilfering of radiofrekwensie en laser is, as ek dit probeer het, sal jy meer daaroor op hierdie blad te wete kom.