Die gewilde La Vie est Belle parfuum van Lancôme wat in 2012 vir die eerste keer bekend gestel is met aktrise Julia Roberts as die “gesig” van dié nuwe geur, het pas ‘n nuwe internasionale veldtog geloods: Geluk is op sy beste as dit gedeel word.
In die nuwe advertensie spoor Julia ons aan om ons geluk te deel en wyd te laat uitkring. (Sien die klein agtergrond video hier onder).
Die tema van La Vie est Belle se nuwe veldtog is #MakeSomeoneHappy.
Lancôme het my gevra wie ek gelukkig wil maak met ‘n geskenk van La Vie est Belle parfuum, en die antwoord was maklik: My peetdogter Quinne Brown, ook ‘n aktrise wat mense sommer bly en gelukkig maak as hulle naby haar is.
Vandat Quinne 39 jaar gelede haar verskyning in my lewe gemaak het as eersteling van my beste vriendin, Salome Brown, en ek summier peetma gemaak is, het sy my nog net vreugde gegee.
Met die jare het die sensitiewe donkerkop meisietjie gegroei in statuur en talent, sy het aktrise geword in onder meer Sewende Laan, sy het vir 10 jaar in Amerika gaan woon en twee jaar gelede met haar twee Amerikaanse dogtertjies en man teruggekom na haar hartland toe.
Mettertyd het die rolle selfs omgekeer – sy het die wyse heler-vrou geword in ons kring; sy is nou die ou siel met die dieper insigte en sy omhels die lewe met oorgawe en energie.
Bowenal, sy maak mense gelukkig. Soos Julia Roberts se glimlag ‘n vertrek kan ophelder, so doen Quinne se glimlag – sy vul die ruimte om haar met lewensvreugde en geluk. Sy kies om haar lewe te leef met ‘n vrye gees en vroulike warmte.
La Vie est Belle simboliseer keuses – die keuse om jou lewe te leef soos jy wil en dit met mooiheid en geluk te vul. Dit verteenwoordig suiwer lewensvreugde, met die geur van iris, vermeng met patchouli en ‘n ryk gourmand noot.
Die bottel se vorm verteenwoordig ‘n vrou se glimlag, vasgevang in kristal.
Dis vir jou om te kies: Die lewe is inderdaad mooi!
