Foto: CHANEL
Hierdie is my “Tried & Tested” –blad waar ek sê wat ek dink van produkte en behandelings wat ek toets
WAT EK TANS PROBEER: PRODUKTE, BEHANDELINGS EN PROSEDURES
Produkte:
Ek het oor die afgelope paar weke maskers, gesig-olies en serums getoets. My vel smag na ekstra vertroeteling en voedende produkte hier teen die einde van die winter.
Behandelings:
Ek is gelukkig dat ek in my werk gereeld genooi word om ‘n nuwe gesigbehandeling of prosedure te beproef.
Ek glo in ‘n gereelde gesigbehandeling (facial) as die basis van goeie velsorg en sorg dat ek gereeld onder die hande van ‘n goeie terapeut beland.
Lees alles daaroor in die VELSORG en PROSEDURES kategorie.