La Mer The Lifting and Firming Mask

Wat Is Dit: La Mer The Lifting and Firming Mask (R2 650)

Dit Belowe: Dit lig en verferm die gesig en die nek deur die stimulasie van kollageenproduksie om die vel se natuurlike ondersteuningsnetwerk aan te help. Die masker word nie afgevee nie en jy wend dit aan met ‘n spesiale kwas, gevolg deur ‘n spesifieke masseertegniek. Die masker bevat die beroemde La Mer Miracle Broth van seewier asook ‘n konsentrasie van die gepatenteerde Lifting Ferment.

Ek Sê: Hierdie produk het my ademloos van opgewondenheid gemaak toe ek dit die eerste keer “ontmoet”. Ek het onlangs ‘n obsessive met my nek en my kakebeenlyn ontwikkel, en kon nie wag om te sien of die masker regtig hierdie probleem-area gaan verhelp nie. Dit werk sowaar! Ek is soms (veral saans) bietjie lui om die voorgeskrewe masseertegniek te doen (dit van maar net ‘n minuut…) maar ek wikkel nie meer my nek toe met serpe nie.

Peperduur/Pynloos/Prakties: Duur, dog effektief as jy jou vel wil lig en fermer maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *