Nuusflits: Lieflike Lisa vir Lancôme

Daar is ‘n paar skoonheidsghoeroes internasionaal wat ek taamlik slaafs volg. Lisa Eldridge se YouTube vlog (video+blog) is een wat ek nooit mis nie, sedert sy dit in 2009 begin het.

Een van my gunstelinge is haar wenke vir teenveroudering grimeertegnieke:

Haar videos is propvol common sense en praktiese wenke om grimering aan te wend, ‘n sekere voorkoms te skep, trends onder die knie te kry en die beste van jou skoonheidsroetine te maak. Boonop laat sy ‘n mens sommer goed en optimisties voel.

Ek leer altyd iets by haar, en sy is ‘n suiwer plesier om na te kyk, met haar onopgesmukte, skoongesig voorkoms. Sy laat alles sommer maklik lyk, en skroom nie om te wys as daar ‘n onverwagte puisie of plooi op haar gesig uitslaan nie. Sy maak skoonheid heerlik toeganklik en pret. Sy is ook nie ‘n aanhanger van enige spesifieke handelsmerk nie, dus is haar raad en aanbevelings objektief en eerlik. Kyk gerus na Vogue se keuse van haar beste tutorials hier:

http://www.vogue.com/7646253/lancome-creative-director-of-makeup-lisa-eldridge-makeup-artist-youtube-videos/

Nou was Lancôme flink en slim genoeg om haar op te raap. Sy is pas aangestel as Lancôme se Kreatiewe Direkteur vir Grimering. Wat ‘n aanwins!

Vir haar aanhangers het sy egter goeie nuus: Haar vlog bly onveranderd. Hier vertel sy self hoe dinge gaan werk:

Gaan kyk gerus self – ek belowe julle gaan mal wees oor Lisa.

One Reply to “Nuusflits: Lieflike Lisa vir Lancôme”

  1. I was so excited to see this! Lisa Eldridge is hands down my favourite blogger, make-up artist & YouTuber. I have no doubt she’ll bring her magical spark to Lancome.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *