As jy ‘n “beauty junkie” is, soos ek, dan is ‘n opskrif soos 50 Beauty Products to Buy Before You Die , net eenvoudig onweerstaanbaar. Omtrent soos ‘n Soduku vir my man… Dit is die Amerikaanse tydskrif Allure se “emmerskop-lys”.
Ek moes dadelik gaan kyk hoeveel van die begeerlikste en beste produkte op die planeet ek al geprobeer of besit het. In ag geneem dat die produkte nie almal in Suid-Afrika beskikbaar is nie, het ek nie te sleg gevaar nie: 21 uit 50! Nou nie dat dit ‘n toets of kompetisie is nie, maar nogtans. En die feit dat ek nie reeds al 50 klaar probeer het nie, beteken hopelik dat ek ‘n klompie jare grasie het voor die emmer hom kom staanmaak voor my stiletto’s… Hier is ‘n paar: Clinique se Dramatically Different Moisture Lotion+ is vanselfsprekend daar, maar so ook die Clinique 7 day Scrub Cream Rinse-off Formula en Clinique Almost Lipstick in Black Honey – almal op my rak. Ek tik hulle af, summier!
En moenie dink al die wenners is peperduur nie: Daar is Dove White Beauty Bar, Eucerin Aquaphor Advanced Therapy Healing Ointment, L’Oreal Paris Elnett Satin Hairspray en Maybelline Dream Bouncy Blush asook Neutrogena Healthy Skin Anti-wrinkle Cream wat almal hoogs bekostigbaar is. Ook afgetik, dankie.
Ek kan boonop regmerkies maak agter: Tweezerman Slant Tweezers; St Tropez Self Tan Bronzing Mousse, OPI Lincoln Park After Dark, Yves Saint Laurent Touche Eclat, Guerlain Meteorites Pearls, CND Shellac, La Mer Crème de la Mer, MAC Russian Red Lipstick, Elizabeth Arden Eight Hour Cream Skin Protectant, Kiehl’s Crème de Corps en NARS Blush in Orgasm.
E-N-N-N-N-N, beste van alles, ek kan Clarisonic Classic Sonic Skin Cleansing System aftik! Dié soniese reinigingsborsel het danksy Oprah ‘n kultus-aanhang wêreldwyd ontwikkel, en dit is (dankie, L’Oreal!) binnekort by ons op die rakke, eksklusief by Stuttafords. (Ek vertel binnekort meer, en rapporteer op Toetstafel oor die verskillende soniese gesigborsels wat ons ook nou in Suid-Afrika kan koop.) Nou is daar – natuurlik! – ‘n paar items op my “Wil-dit-hê” – lysie: Heel bo-aan is Urban Decay Naked Palette oogskadu, wat nie hier te koop is nie, maar daarvoor is daar mos darem ‘n winkel soos Sephora of vriende wat reis!
Baie dankie vir hierdie lekker inligting. Ek lees ook graag daaroor en weet sommer ek gaan baie leer. Daar is soveel produkte wat ‘n mens moet uit kies. Jy maak dit vir ons net makliker.
Sara-Lea, die Clinique Almost Lipstick in Black Honey het om goeie rede ‘n kultusaanhang: Dit vertoon wonderlik op enige velkleur – dit lyk amper swart in die stiffie, maar op jou lippe is dit die rypste, deurskynende, gekneusde bessie-jellie skakering. Nie maklik om te beskryf nie! Toets dit by ‘n Clinique toonbank – dis “magic”!
Ek het die lys netso baie geniet! Ek sien baie uit na jou Toetstafel artikel oor al die borsels. Ek sal so graag die Sarah Potempa beachwaver ook wil probeer…Elsa hierdie CLINIQUE ALMOST LIPSTICK IN BLACK HONEY, hoe lyk dit aan mens se lippe? Dit “intrigue”my.
Dankie vir daardie wenk Chereen! I’m on it, soos die jonges sê. Ek is baie lus vir daardie oogskadu palet! Ek is so bly jy geniet Mooipraatjies, Afrikaans en al. En luister vir jou Ma – ma’s is (amper) altyd reg. As ek meer vir myne geluister het om uit die son te bly toe ek ‘n jong sonaanbidder was, het ek nou baie meer gehad om voor dankbaar te wees!
Ok, ek gaan my beste doen om die taal te skryf… verskoon enige ‘glipsies’! Ek het net die ander dag ‘n local online store gevind wat meeste van die Urban Decay Naked palettes besit – blykbaar trek die eienaar terug Kanada toe, so daar is op die oomblik ‘n groot sale – dis by http://www.beautychateau.co.za. Wou die nuus saam met ‘n fellow beauty junkie deel 😉
Het so die lys geniet… ek het al 22 van die 50 probeer, maar nog nie die Clarisonic nie so ek is baie jaloers! Geniet baie jou blog, Elsa (en my ma is baie bly dat ek bietjie my Afrikaans kan oefen!) x