Vraag: Ek is bietjie deurmekaar op die oomblik! Wat is die verskil tussen ‘n “colour corrector” en ‘n onderlaag? Moet mens altwee gebruik? – Elize Sauer
Antwoord: Jy vind ‘n Colour Corrector (CC) deesdae in die vorm van CC Creams, en ook in basislae (primers).
Dit maak die kleur van jou vel meer eweredig, en is veral in aanvraag vir vroue met pigmentasie, vlekke en rooiigheid wat geneutraliseer moet word.
Jy kan die primer onder jou onderlaag aanwend om dié soort probleme aan te spreek. Onderlaag of “foundation” bied jou gewoon meer en dikker bedekking as ‘n BB of ‘n CC Cream.
CC Cream kan jy net so dra, en dit is ‘n treffer vir vroue wat nie hou van onderlaag nie. Clinique en Chanel maak altwee goeie CC Creams