Soos almal weet wat my skoonheidsdagboek dophou, kla ek steen en been oor my nek, wat soveel vinniger tekens van veroudering toon as my gesig.
Ek is skaamteloos beskikbaar vir enige produk of prosedure wat my nek ‘n hupstoot kan gee.
Toe ek dus laat verlede jaar ‘n uitnodiging kry van Cecilia De Oliveira, eienaar van LaserSense Aesthetic Clinic in Fourways, om die BTL Exilis Elite vel-verferming radiofrekwensensie behandeling op die onderste helfte van my gesig (spesifiek my kakebeenlyn en nek) te beproef, het ek my letterlik nie twee maal laat nooi nie.
Hoe werk dit?
Die behandeling behels 6 sessies van 30 minute elk, en word met tussenposes van twee weke gedoen.
Die vel word mettertyd stywer getrek word deurdat nuwe kollageen vorm danksy mono radio-frekwensie golwe wat die dermis tot 42 grade Celsius verhit, vir ‘n minimum van 6 minute.
Dié behandeling om die gesig te lig, lyne gladder te maak en die gesig en nek fermer te maak, is ‘n groot gunsteling vir nie-indringende verjongingsprosedures. Gedurende die behandeling, wat presies beheer word met ‘n rekenaar, verhit radio-frekwensiegolwe die dieper lae van die vel. Die hitte laat vetselle krimp en dit trek die vel saam, stimuleer nuwe kollageenproduksie en vorming van nuwe elastien. Die lae van die vel word geleidelik verhit en afgekoel en dit help dat dieper weefsel behandel kan word.
‘n Volle gesigbehandeling duur 90 minute, maar as net ‘n deel van die gesig behandel word, kan dit slegs 30 minute neem. Jy kan dadelik daarna werk toe of winkels toe gaan; jy het nie hersteltyd nodig nie.

Hoe verskil dit van ander nie-indringende verjongingsbehandelings?
Die radiofrekwensie behandeling verskil van behandelings soos laser of IPL, wat net op die boonste vellae werk en oppervlakkige velweefsel teiken.
Danksy die dieper penetrasie, is die effek van die behandeling boonop meer langdurend.
Dit is veelsydig en kan ‘n verskeidenheid van probleme behandel, soos pap ooglede, afgeplatte wange, nasolabiale voue (van die neus na die mondhoeke) en marionetlyne (van die mondhoeke ondertoe), bulhondkieste (jowls), dubbelken en los nekvel.
Vir wie is dit bedoel?
Die prosedure is ten beste geskik vir mense met ligte tot matige uitgesakte gelaatstrekke, tussen die ouderdom van 30-60.
Dit is geskik vir enige velkleur, want die energie wat deur die toestel gegenereer word, het nie ‘n effek op velpigmentasie nie.
As jy nie kans sien vir die snydokter se mes nie, is dit ‘n goeie alternatief om die vel te lig en fermer te maak en selfs vet onder die ken of in die gesig te verwyder. Dit kan ook chirurgiese prosedure komplementeer.
My ervaring
My terapeut, Leanne Venter, was uiters bedrewe met die handstuk wat die frekwensiegolwe uitsaai.
Eerstens is ‘n sensor wat aan die rekenaar gekoppel is, op my rug, tussen my skouerblaaie, geplak. Toe het sy die deel van my gesig waar die handstuk kontak maak, gereinig en toe met ‘n hitte geleier-jel bedek. Daarna het sy die rekenaarprogram ingestel en die handstuk in sirkelbewegings oor my gesig begin beweeg.
Die hitte neem geleidelik toe soos die behandeling vorder, met die rekenaar wat die presiese hitte in die dermis meet en reguleer. Die doel is om die weefstel te verhit tot 42 grade Celsius, vir die beste effek.

Dit is betreklik pynloos, en wanneer dit te warm geraak het, het Leanne net die hitte afgestel, meer jel aangewend en dan weer geleidelik die temperatuur opgejaag. Waar die been na aan die vel is, soos by my kakebeen en ook plek-plek by my keel, moes ons aanvanklik die hitte gereeld afskaal. Teen die vierde sessie kon my vel baie gou die teiken van 42 grade haal, en dit is die ideaal.
Aanvanklik het my vel rooi en kollerig gelyk na ‘n behandeling, maar dit het binne 20 minute verdwyn. By die derde sessie was die rooi reeds baie minder, wat beteken het dat daar reeds ‘n toename in kollageenvorming was.
Teen die derde sessie kon ek al ‘n merkbare verbetering sien in hoe my nek en kakebeenlyn fermer geraak het.
Volgens Cecilia kan ‘n mens ‘n volgehoue, deurlopende effek ná die behandeling ervaar, met die vel wat maande ná die laaste sessie nog aan die verbeter bly, soos die kollageen ‘n hupstoot gekry het en fluks aan die werk bly.
Ons het ‘n goeie ses weke gewag ná my finale sessie voor ons die laaste foto’s geneem het, en daar was ‘n merkbare verskil in die onderste helfte van my gesig, wat die teiken-area was.

Is dit aan te beveel?
Sekerlik. Die BTL Exilis Elite stelsel het wêreldwyd verskeie pryse gewen as ‘n nie-chirurgiese verjongingsprosedure. Dit word beskou as ‘n toonaangewende, veilige, gerieflike, bekostigbare en gekontrolleerde behandeling wat jeugdiger gelaatstrekke kan lewer.
Ek beplan om minstens een maal per anderhalf jaar dit te doen.
Wat kos dit?
Die prys hang af van die deel van jou gesig of nek wat behandel word. Vir die onderste deel van die gesig kos dit R800 per sessie, maar pryse kan wissel by verskillende estetiese klinieke. Kyk ook uit vir spesiale aanbiedings.
Waar?
LaserSense Aesthetic Clinic, Fourways
087 151 1143
Just Google the BTL website and look for practitioners in SA who use the equipment in their clinics. There are quite a number of them in Cape Town and Somerset West that I am aware of.
Can you direct me to drs in Cape Town pls.
Hallo Karin. Ek syuur vir jou die inligting per e-pos. In watter area woon jy?
Ek is intussen besig met ‘n tweede kursus BTL en die verbetering is self meer dramaties. Ek pos binnekort meer hieroor op die blog.
Hallo Elsa. Ek wil ook asb name he van plekke/estetiese dokters wat BTL doen. Baie dankie Karin epos is karinbarkema@gmail.com
Ja Tibbie, Daar is verskeie kosmetiese dokters in Kaapstad en Somerset-Wes wat dit doen. Ek sal die name vir jou laat kry.
Can it be done in Cape Town ?