Jy hét die tyd. En jy hét dit nodig. En dit is nie net helend en heilsaam vir jou vel nie: Jou gemoed en jou gees het ook nodig dat jy tyd vir jouself maak en vir minstens vyftien minute ontspan en jouself pamperlang.
Wees Sonslim en Systap Plooie
Al die slim en kragtige nuwe teenverouderingsprodukte waaroor ek verlede maand geskryf het, beteken letterlik niks as dit nie saam met ’n sonskerm gebruik word nie. Punt.