TEEN-VEROUDERING VERSUS MOOI VEROUDERING

Dit is duidelik dat die gety begin draai ten gunste van ‘n nuwe houding en beskouing rondom veroudering.

En dit is te danke aan elkeen van ons wat die 50+ merk verbygesteek het en weier om daarmee vir lief te neem dat ons afgeskryf word deur die mode- en skoonheidsbedryf.

My verset teen die jeug-obsessie was die dryfveer agter Mooipraatjies toe ek dit bykans drie jaar gelede begin het en dit is bemoedigend om te sien dat stemme wêreldwyd  al meer opgaan dat die sg Forgotten Demographic (vroue bo 40) allesbehalwe vergete en agtergeblewe is. Inteendeel.

Wat dink julle van hierdie artikel in The Guardian?

Aanhaling:

“This week, beauty magazine Allure announced it was to ban the term anti-ageing. Almost a decade after the ASA started banning adverts containing the word, is this lip service – or have we really stopped worrying about looking older?”

WEN WEN WEN

Wat stel julle voor as ‘n alternatiewe term vir “Anti-ageing”? Die slimste woord/term (in Afrikaans) wen ‘n Elizabeth Arden Prevage Anti-aging + Intensive Repair Daily Serum ter waarde van R2 368.00

Wat jy moet doen: Vul jou antwoord (en opinie as jy wil) in die Kommentaarblokkie hier onder in en staan ‘n kans om hierdie begeerlike, effektiewe  produk te wen.

Sluitingsdatum: Maandag 28 Augustus 2017

Aanhaling:

“It is, of course, brilliant to see elements of the beauty industry, including Allure (which is heavily reliant on advertising from beauty manufacturers), take a stand on the use of the term. It is also reflective of a broader cultural shift away from a long-standing obsession with youth to something more accepting of the ageing process. The rise in inclusivity and increased visibility of older models and celebrities within an industry that once shunned anyone over the age of 40 is a welcome change. Women including Helen Mirren (72) Allure magazine’s September issue cover star, Lauren Hutton (73) and Sylviane Degunst (59) all feature in campaigns, this year.”

https://www.theguardian.com/fashion/2017/aug/17/is-it-time-to-ditch-the-term-anti-ageing

5 Replies to “TEEN-VEROUDERING VERSUS MOOI VEROUDERING”

  1. Diit is moeilik om ń mooi beskrywing vir anti-ageing in Afrikaans te gee, Eindeloos? Nie regtig n mooi woord nie, eerder iets so Verheugde jare 50+ . Dit is die beste jare van ons lewe, ruil hierdie tyd van ouma wees en ook alleen tyd saam my man vir niks anders

  2. ouderdoms teenvoeter
    ouderdoms remme
    antie plooie
    storie lyne
    stop die ouderdom
    wysheid kreukels

  3. n Alternatiewe term vir ” Anti-Aging” is Elizabeth Arden Prevage Anti-aging + Intensive Daily Serum

  4. 1. Bravo! Ek dink dis lankal tyd dat ons ouderdom vier vir wat dit is – ‘n voorreg. Ek is nog jonk en ek wil daarna uitsien om ouer te word, want hopelik beteken dit ook meer kennis en meer ervaring. Daardie dinge kom net met tyd!
    2. In Engels sal ek voorstel dat maatskappy en advertensies ‘advanced’ of ‘mature’ gebruik. Albei hierdie woorde beteken vir my gevorderd of ouer maar dit het nie ‘n negatiewe konnektasie soos ‘anti’ of teen nie. Wie wil nie ‘mature’ of ‘advanced’ wees nie?
    3. In Afrikaans hou ek ook van gevorderde of geslepe velsorg, alhoewel die laaste een moontlik as negatief geïinterpreteer kan word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *