Wie Skryf Mooipraatjies? Tensy andersins vermeld, is Elsa Krüger die skrywer van Mooipraatjies. Die menings op hierdie webblad is my persoonlike ervarings, navorsing en opinies wat hopelik vir my lesers waardevol sal wees. Ek steek ook kers op by kenners in die skoonheidsbedryf en noem hulle by name. Onder Vra Is Vry se kategorie Tussen Vriendinne deel ek en mede-kenners in die bedryf ons gedagtes oor skoonheid met mekaar.
Wat Beteken Onafhanklik? Mooipraatjies is onafhanklik in die sin dat dit geen verbintenis het met enige publikasie, organisasie of handelsmerk nie.
Word Resultate Gewaarborg? Produk-aanbevelings word ter goedertrou aan die hand van ons eie ervaring en kennis gemaak en aan die goeie oordeel en gesonde verstand van lesers toevertrou. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige ervarings wat nie aan lesers se verwagtinge voldoen nie. Ek neem nie persoonlik klagtes of besware namens lesers op nie. Navrae en terugvoer kan wel per e-pos aan my gerig word.
Word Jy Betaal om oor Produkte en Dienste te Skryf? Nee. Mooipraatjies is volkome onafhanklik en objektief. As ek nie van iets hou nie, sê ek dit en vice versa, plus ek verduidelik hoekom. As ek produkte of dienste aanbeveel, het ek dit self getoets. Waar materiaal geborg is of ‘n betaalde promosie is, sal dit as MME Endosseer aangedui word. Ek ontvang gratis toetsprodukte van kosmetiekhuise en word dikwels genooi om ‘n salon of ‘n diens te beproef.
Kry jy Gratis Skoonheidsbehandelings? In die loop van my werk, ja dikwels. Ek is al 10 jaar lank ‘n beoordelaar vir die Les Nouvelles Esthetiques Spa of the Year Awards (www.lesnouvellesblog.co.za) en kry gereeld blootstelling aan nuwe salonne, spa’s, prosedures en behandelings.
Waar kom die Visuele Elemente Vandaan? Foto’s en illustrasies word verskaf deur die skakelafdelings van kosmetiekhuise en word duidelik as sulks aangedui en gekrediteer. Soms neem en stileer ek my eie foto’s. En die res Google, Pinterest of koop ek!
Kruisverwysings of Snelskakels (hyperlinks): Van tyd tot tyd gee ek kruisverwysings na publikasies soos Idees Tydskrif (http://idees.co.za) vir wie ek skoonheidsartikels skryf en webwerwe met wie ek ‘n verbintenis het of wat handig is vir verdere inligting.
Risiko en Beperking van Aanspreeklikheid: Die Fyndruk – Wat ons Regsmense Sê: Hierdie webwerf en die inligting daarin vervat word verskaf “soos dit is” en Mooipraatjies maak geen uitdruklike of geïmpliseerde voorstellings of waarborge ten opsigte hiervan nie.
Ofskoon alle redelike stappe gedoen is om die akkuraatheid en veiligheid van die Mooipraatjies.com webwerf te verseker, word die produkte en dienste waaroor op hierdie webwerf geskryf of wat hier geadverteer word op die gebruiker se eie risiko gebruik. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid en risiko van enige besering, skade of verlies wat uit die gebruik daarvan voortspruit. Mooipraatjies.com sal nie aanspreeklik wees vir enige persoonlike of fisieke skade of verlies, hoe ookal veroorsaak, hetsy direk of indirek, voortspruitend uit die gebruik van die Mooipraatjies webwerf nie.