Vertroue is iets wat met die verloop van tyd geskep en verdien word.
Wie onthou nie die bekende blou blikkie NIVEA op ons ma’s se mooimaaktafels nie? Daardie plat blou blikkie, en die bekende reuk van die dik, ryk room, is seker een van my eerste, vroegste velsorg herinneringe.
Daar is altyd minstens vyf NIVEA lyfsorgprodukte in my badkamer, van die stortseep, bad-olie en reukweerder tot lyfroom en lyf-olie – en die blou blikkie met die room sit sommer op my lessenaar byderhand om aan my lippe, hande en naelvliesies te smeer as dit droog voel.
Veldtog
Omdat NIVEA ‘n handelsmerk is wat ek al soveel dekades ken en vertrou, is dit vir my vanselfsprekend om hul jongste veldtog, Trust in the Care from NIVEA te ondersteun.
Dié veldtog het vandeesweek begin in winkelsentrums (kyk uit daarvoor) om NIVEA se steun te beklemtoon vir Thanda, ‘n geenwins-organisasie wat werk in die landelike gemeenskap van die Umtwalume munisipaliteit in KwaZulu-Natal.
Met die steun van NIVEA bou Thanda ‘n nuwe Early Childhood Development (ECD) sentrum vir 90 kinders onder die ouderdom van vier. NIVEA verleen ook bystand met Thanda se na-skoolse programme.
Elke kind kry daagliks ‘n warm maaltyd. In 2016 het befondsing van NIVEA die voedingsentrum gehelp om altesame 73 347 maaltye aan 700 kinders te verskaf. Die NIVEA Thanda Sentrum huisves, naas ‘n kuns- en wetenskapsentrum en speelgronde, ook die enigste biblioteek in die area.
Jy kan NIVEA help om Thanda by te staan deur die Trust in the Care from NIVEA veldtog te ondersteun. Die veldtog fokus op drie gewilde “blou” NIVEA produkte (NIVEA Rich Nourishing Body Lotion; NIVEA Protect & Care Antiperspirant Roll-on; en NIVEA Creme).
Die opbrengs van dié verkope sal gebruik word vir die NIVEA Thanda Sentrum.
WEN WEN WEN
Om julle te inspireer om hierdie goeie saak te ondersteun, het ek twee reuse NIVEA-blikke wat elk die drie ikoniese produkte bevat, om weg te gee.
Vul net die kommentaarblokkie hier onder in en antwoord die vraag:
In watter provinsie is die Thanda Gemeenskap Sentrum?
Sluitingsdatum: 1 Junie 2017.
Die wenner sal op die Mooipraatjies Met Elsa FB blad aangekondig word.
KwaZulu-Natal
KwaZulu-Natal.
KZN
KwaZulu-Natal
KwaZulu-Natal
umthwalume in kwa zulu natal
KwaZulu Natal
KwaZulu Natal
KwaZulu Natal
KwaZulu Natal
KwaZulu Natal
Kwazulu- Natal
KwaZulu-Natal
Kwa Zulu Natal
In Kwazulu Natal
KwaZulu-Natal
KwaZulu Natal
KwaZulu-Natal
KwaZulu Natal
Kwazulu-Natal
KwaZulu-Natal
KwaZulu-Natal
Sentrum is in kwazulu natal
Nivia is the best Love all the products
Magic
Kwazulu natal
KwaZulu-Natal
KwaZulu-Natal
KwaZulu-Natal