Hoe lyk dit met ‘n splinternuwe parfuum in jou lewe?
Vandat ek kennis gemaak het met die nuwe MontBlanc Lady Emblem Elixir Eau de Parfum, kan ek nie dikwels genoeg aan my polse snuif nie. Maar dan, ek is ‘n blomgeur aanhanger. Sit ‘n roos, lelie of jasmyn in ‘n parfuum en ek gaan in alle waarskynlikheid daarvan hou.
Hierdie nuweling uit die gesogte Montblanc stal het styl en klas en is totaal bekoorlik, van die pragtige luukse, bottel tot die fyn simfonie van geure.
Ek het nog altyd ‘n swak plek gehad vir daardie kenmerkende, gesogte wit Montblanc logo, hetsy dit op ‘n swart of goue vulpendoppie is of op duursame, weelderige leer-items.
Boonop hou ek van die beskrywing elixir – dit klink mos sommer na nektar van die gode. Dit is ‘n woord wat die verbeelding aangryp en beskryf letterlik ‘n magiese mengsel wat metale in goud kan omskep.
En dan is die naam ook heel gepas “embleem”, wat volgense die woordeboek beteken: ‘n Teken, of ontwerp wat iets identifiseer of simboliseer – ‘n beeld of simbool wat ‘n sekere betekenis inhou. Dit is wat ‘n parfuum myns insiens moet wees – persoonlik en betekenisvol, sodat dit blywende herinnerige kan skep.
Met ‘n naam wat elixir en embleem kombineer, en boonop die Montblanc-stempel van gehalte dra, kan ‘n mens sekerlik ‘n buitengewone parfuum verwag, en hierdie een stel my gewis nie teleur nie.
Die Styl
Die parfuum word beskryf as elegant, vroulik, sprankelend en delikaat. Die skepper van die parfuum, Nicolas Beaulieu, het ook gestreef om ‘n geur saam te stel wat gesofistikeerd, begeerlik en kosbaar sal wees.
Die Bottel
Die ontwerp van die besonderse bottel of flaçon, soos die Franse sê, is geïnspireer deur die vorm van ‘n diamant, as die ewige simbool van liefde, trou, suiwerheid en oorvloedige welvaart. Die “punt” van die diamant is gedoop in metaalagtige roosgoud. Die hele ontwerp spreek van elegansie en weelde.
Binne-in die Bottel
Die hart van die parfuum is roos absolu, wat ‘n sterker, meer robuuste teenwoordigheid het as roos essential, wat in die eerste Lady Emblem gebruik is.
Die topnote is swartpeper, lietsjie en nartjie, en in die hartnote klop die aromas van Damaskus-roos absolu, jasmyn, iris en lemoenbloeisel warm saam. Die parfuum word geanker in ‘n intens houtagtige basis van patchouli, sandelhout en warm, sensuele vanilla.
Wie Sal Daarvan Hou?
As jy hou van parfuums in die chypre-blom kategorie en as jy van ‘n effense vrugtesprankel gekombineer met soet blomgeure hou, gaan jy mal wees oor hierdie parfuum. As jy hou van “groen” geure, baie ligte blom- of vrugtegeure of spesery-agtige, Oosterse geure, is dit nie vir jou bedoel nie.
Ek vind dit ‘n maklike parfuum om bedags en ook saans te dra, en die feit dat dit ietwat swaarder is as die eerste Lady Emblem, maak dit ideaal vir die herfs en oorgangstyd na die koue wintermaande.
WEN WEN WEN
Ek het een Montblanc Lady Emblem Elixir EdP in die heel groot 75ml bottel ter waarde van R1 195 vir ‘n leser om te wen. (Die ander groottes is 30ml vir R745 en 50ml vir R995).
Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom, is om in die opmerkingsblokkie (comments) hier onder jou naam en e-pos adres te skryf (net ek kan dit sien) en beantwoord die vraag:
Watter edelsteen is die inspirasie vir die Montblanc Lady Emblem-bottel se ontwerp?
Die sluitingsdatum is 31 Mei 2017 en die wenner sal op die Mooipraatjies met Elsa FaceBook-blad aangekondig word.
diamant!!!
DIAMANT
Diamant
diamant
Diamant
Diamant
Diamant
Diamant
n Diamant
Die diamant
‘n Diamant
Diamant
Diamant ❤️❤️😘
Diamant
Diamant
DIAMANT
Dis die vorm van n diamant! Soos hule se…Diamonds are a girl’s best friend.
Diamond inspired
Diamant. (My gunsteling steen 😊)
Dit is geïnspireer deur ‘n diamant.
Diamant
Die vorm van ‘n diamant
Die pragtige bottel is deur die vorm van n diamant geinpireer❤💚❤💚❤
Dit is geïnspireer deur die vorm van ‘n diamant. 💎
Diamant
Diamant
Diamant
Diamant
Diamant
‘n Diamant. (Jou beskrywing van die tipe parfuums jy geniet is presies hoe ek voel. Ek’s mal oor sagte blom geur parfuums en die Montblanc Lady Emblem is my absoluut gunsteling op die oomblik). ♥
Diamant
Diamant
Hierdie pragbottel en parfuum se nspirasie wat die wonderlike edelsteen DIAMANT! Dankie vir die geleentheid om hierdie pragstuk te kan wen!
Diamant
Diamant
Diamant
Diamant
Diamant
Diamant
‘n diamant
‘n Diamant was die inspirasie vir die Mont Blanc Lady Emblem Elixir se bottel
Diamant
Diamond
Diamant
‘n Diamant 💎
‘n Diamant! 💍
Diamant
Die Diamant 💎💎💎💎
Diamant
It is inspired by the shape of a diamond.
Fab prys .. dankie!
Diamant
Diamant
Diamant
Diamant
Elizabeth Davie marketing@healingearth.co.za
Diamant
N Diamant
I like your page very much. Learn a lot already ! Tips end information. Thank’s you !
Diamant
Diamant