Wenkbroue – Wat is Brow Blading?

Lyk jou wenkbroue allesbehalwe waffers? Daar is deesdae allerhande nuwe tegnieke en prosedures om wenkbroue wat nie so goed lyk nie, splinternuut en welig te laat lyk.

Of jou wenkbroue nou yl en mismaak lyk weens oorywerige plukkery toe jy jonger was, of dit dalk uitgeval het en yl geraak het weens medikasie of iets soos chemoterapie, daar is deesdae geen rede om dit as jou permanente lot te aanvaar nie.

Brows MAC
Mooi, sterk wenkbroue raam jou oë en gee karakter aan jou gesig. FOTO: MAC vir Missoni

 

Danksy modelle soos Cara Delevingne is welige wenkbroue deesdae dié fokuspunt in ‘n vrou se gesig.

En aanvaar dit nou maar: Die obsessie met wenkbroue het blykbaar gekom om te bly.

Cara Delevingne
Cara Delevingne

 

Die jongste trend is sg brow blading, wat ontspring het uit die tatoeëerkuns en permanente grimering. Dit het ‘n massiewe aanhang in Europa en Kanada en is ‘n uitkoms vir enigeen wat haar wenkbroue met ‘n tweezer verfomfaai het of wenkbroue weens siekte of medikasie verloor het, of maar net agter in die ry gestaan het toe Moeder Natuur wenkbroue uitgedeel het.

Die voordeel van dié prosedure is dat dit, anders as permanente grimering, nie so permanent is nie, en mettertyd vervaag (dit kan tot 4 jaar hou), dus hoef jy nie met dieselfde stel wenkbroue getroud te bly nie, sê Samantha Divaris, eienares van The Brow Studio in Johannesburg en die pionier van dié tegniek in SA. Dit lyk besonder natuurlik en mooi en werk veral goed vir ‘n ouer vel.

Die verskil tussen Voor en Na
Die verskil tussen Voor en Na
Die proses van begin tot einde
Die proses van begin tot einde
Dit werk goed op 'n ouer vel
Dit werk goed op ‘n ouer vel
Yl wenkbroue word digte, donker wenkbroue
Yl wenkbroue word digte, donker wenkbroue

 

Hoe werk dit: Met die fynste mikronaaldjie word die allerfynste kerfies (amper soos ‘n paper cut) in die wenkbrou gemaak en dan word pigment in die epidermis (die boonstge laag van die vel) geplaas.

Daar is ‘n baie streng stel reëls vir die versorging van jou nuwe wenkbroue vir ‘n paar weke daarna om die heel beste effek en kleur te verkry. Die wondjies mag nie nat word nie en jy mag nie krap as die rofies begin jeuk nie.

Die eerste afspraak duur 90 minute en ‘n paar weke later, wanneer die mikro-kerfies genees het, word verfynings of aanpassings gemaak.

Verwagte effek: Perfek gevormde, vol wenkbroue in ‘n kleur wat volmaak werk by jou gesig en hare en natuurlik vertoon.

Prys: Eerste sessie: R1 600. Tweede sessie: R800

Meer inligting: The Brow Studio, Parktown North, Johannesburg

* Lesers het my gevra wat is “brow embroidering”. Volgens Samantha Divaris was dit die voorloper van brow blading,  en soortgelyk aan permanente grimering of tatoeëring. Die effek is egter permanent omdat die pigment diep in die dermis geplaas word en kan nie omgekeer word nie.

5 Replies to “Wenkbroue – Wat is Brow Blading?”

  1. Thanks for the compliment. It was designed by Petronella Pienaar, a very talented South African graphic designer.

  2. It is truly a great and helpful piece of info. I’m happy that you simply shared this useful information with us. Please keep us informed like this. Thank you for sharing.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *